Hoekom is ouma se ore so groot?

Hoe luister jy na mense? Maak  jy soms of jy hoor maar in werklikheid is jou gedagtes op ’n heel ander plek? Veral  as die persoon sy storie agter die berg gaan haal en dit klink asof sy storie nooit tot ’n einde gaan kom nie. Ek moet erken dat my gedagtes ’n koers inslaan en ek dan ja sê waar ek nee moes gesê  het.  Gewoonlik kan jy darem sien as die persoon nie regtig luister nie, want hy het so ’n afwesige uitdrukking in sy oë. Hy knik darem so af en toe sy kop en maak asof hy weet waarvan jy praat. Miskien vra hy dan dat jy moet herhaal want hy het nie so mooi gehoor waaroor die storie nou gaan nie.

Luister is baie belangrik want soms het ’n persoon net ’n klankbord nodig. Hy voel beter as hy sy storie aan jou vertel het en somtyds kan jy met net ’n woord op die regte tyd ’n groot verskil maak. Kyk maar net hoe vol is die kopdokter se dagboek.

Kinders luister gewoonlik nie, behalwe as dit iets is wat hulle nie moet hoor nie. Soms maak hulle aspris asof hulle nie die opdragte wat aan hulle gegee word gehoor het nie. Want wat is nou makliker om te sê: “Ek het nie gehoor nie”? Of anders: “Ek het vergeet.” Herhaal jy ’n opdrag, sê hulle jy neul. Kinders het nie ore nie, net ornamente want helfte wat gesê word, word tog nie gedoen nie.

As jy ouer word en die gehoor nie meer so goed nie, hoor jy goed wat nie regtig gesê word nie, maar ’n heeltemaal verdraaide weergawe. Vir die jonges is dit skreeusnaaks en word dit aan almal wat wil luister oorvertel, tot ons oueres se verleentheid. Ek het altyd gespog met hoe goed ek kan hoor maar moet nou erken dat ek nie meer sekere klanke so mooi kan onderskei nie. Veral as die telefoon lui. Dan sien ek net hoe almal skarrel om dit te gaan antwoord. Eers het ek gedink daar is iets wat brand, want hoekom is almal so haastig hier by my verby?

Miskien moet ek oorfone kry, want dis mos nou die inding. Jy kan hardloop, oefen en stories luister sonder dat iemand jou pla. Maar ek wonder of dit goed is vir jou gehoor. Ek kan dit ook miskien gebruik as verskoning hoekom ek nie gehoor het wat iemand vir my sê nie; ek het immers na musiek geluister terwyl hulle gepraat het. Of nie?

This entry was posted in Gewoontes, Raad en daad and tagged , , . Bookmark the permalink.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s