Somer

Sonskyn vandag. Miskien is dit om die Groen Beraad wat tans hier in Durban byeen is daaraan te herinner dat ons die SonskynKus is. Nie dat hulle baie aan die buitelug blootgestel word nie want hulle sit in sale. Daar is darem niks so mooi as die blou van die see met pragtige wit branders wat breek nie. Nie dat hulle veel van daardie ondervinding  sover gehad het nie want swaar reënbuie het kort-kort uitgesak. Ek dink dat hulle soveel as moontlik vandag se sonskyn sal wil geniet.

Dink nou net as jy vir jou jaarlikse verlof al lank voor die tyd bespreek het, kom dan aan met vooruitsigte van wat jy alles gaan doen: luilekker uitspan met ’n boek en ’n lang koue drankie, kinders wat in die water baljaar, warm son op jou bene. Nou is jou drome sommer gou kort geknip want al wat oorbly is ’n lang koue dranke voor die TV. Dit kon jy maar dan by jou eie kaia gehad het. Vandag  is nou die dag waarop jy elke oomblik buite wil wees, al die verlore tyd inhaal wat mens nie buite kon spandeer nie: jou kostuum aantrek, kaalvoet op die warm sand. Die sonsambreel inpak, ’n stoel waarin jy lekker kan lê en dophou hoe die gety verander. Lees as jy daarvoor lus het, maar boweal om net die heerlike weer te geniet.

Vir die binnelanders moet dit dus ekstra frusterend wees om in ’n woonstel of hotel te sit met min of geen vooruitsig om saam met jou maats daar diep in die see in die branders te baljaar nie. Destyds toe ons nog kon meedoen aan al die kapperjolle was dit almal se grootste wens om die mooiste tan te hê.

Nou weet ek nie meer wat die jonges geniet nie. Dit lyk vir my al asof die trant van vakansies ook verander. Dit word nou maar meer vakansies vir ouers met jonger kinders. Die tieners wil nie meer saam met ouers vakansie hou nie. Hulle idees van vakansie het heeltemaal verander. Ouers se idees is verouderd. Baie meer pret sonder al die moets en moenies van pa en ma.

Ons het nou die ander dag nog gelag oor ons manier van vakansie hou. Die hele gesin saam, almal moes maar sy deel bydra: kosmaak, skoonmaak en jol – almal het bygedra tot die lekker gees. Vir my is dit nie vakansie as die vrouens net wil inkopies doen nie, die mans hulle eie ding doen en die kinders elkeen sy eie koers inslaan nie. Ons het ’n heerlike woonstel op die strand en niks is so lekker as die gesin saam-saam vakansievoorstelle maak nie. Vroegoggend kan ons die dolfyne dophou waar hulle in hulle honderde verby swem. Die walvis skiet kort-kort sy boog water uit. Ons bekyk die bote wat verby seil. Vir ’n ou tannie is dit baie lekker want die loop op die strand is te moeilik. Ek sê dankie vir die feit dat ek nog kan sien en geniet van die see wat so onvoorspelbaar is: een dag glad soos ’n spieël en die volgende ’n malende onstuimigheid. Die getypoel is nogal gewild by ouers met klein kinders, so is daar altyd iemand wat jy kan dophou. Dis al te lekker om te sien hoe die kleintjies baljaar.

Ek hoop nou dat ons buitelandse besoekers die pragtige seetonele kan aanskou, want dit is iets om te onthou.

This entry was posted in Vakansie and tagged , , , , , . Bookmark the permalink.

One Response to Somer

  1. Pingback: Sewe skandes… | Toortsie en Kameel

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s