Oudword

Ek staan vanoggend op met groot dankbaarheid in my hart. Vir die eerste keer het ek van nader kennis gemaak met iemand wat met Altzheimer gediagnoseer is. Ek besef dat ons oues wat geseënd is om by ons volle verstand te wees, so baie het om voor dankbaar te wees. Sy was al ver gevorderd in jare, 95 om presies te wees, maar jy kon sien sy was aan baie beter gewoond. Nou is sy ten volle van ander afhanklik, alles moet vir haar gedoen word: iemand om haar te voer, haar tee met ’n spesiale bekertjie vir haar te help drink. Dan moet ook nog omgesien word na haar toiletbehoeftes. Sy kan nie onthou of sy al geëet het nie, het soos ’n baba aangedring op haar bekertjie tee. Sy kon glad nie onthou waar sy was nie, het aanhoudend gevra waar sy is. Sy het almal gegroet asof sy hulle vir die eerste keer sien, al was hulle by haar in die kamer. Dag en nag was vir haar om’t ewe.

My simpatie is met die oppassers. E verwonder my oor hoe hulle so ’n persoon so liefdevol en vol begrip kan behandel sonder om ongeduldig te word. Onthou net dit is ’n 24/7 situasie. Haar eie dogter is oorlede, sowel as haar man. Al wat oorbly is ’n kleinseun. Op die oog af het hy haar baie mooi behandel met behulp van ’n helper. Tog bly dit vir my ’n taak wat alleenlik met Gods genade gedoen kan word. Tehuise is wel beskikbaar maar die kostes is baie hoog as jy na ’n sorgeenheid oorgeplaas word. Kyk maar net na die advertensies. Eers as jy self in so ’n posisie is kom jy agter van kostes en behoeftes wat as vereistes gestel word.

Baie mense sê jy moet voorsiening maak vir jou oudag. In ons dae was salarisse nie so groot dat jy nog kon wegsit vir jou oudag nie. As ek jou moet vertel wat my man se gratifikasie was na aftrede, sal jy lag. Nou lees ons van bonuses van ’n paar of meer miljoen en wonder dan wat jy sou kon doen met so ’n groot bedrag. Ons as agtergeblewe weduwees se pensioen word ook nou nog gehalveer al bly ons behoeftes maar dieselfde. Kry jy ’n kondisie wat dringend moet geopereer word, is die bybetaling van so ’n aard dat jy maar moet nee sê want jy weet voor jou siel dat jy nie daardie rekeninge sal kan betaal nie. Jou siekefondspremie is al klaar hemelhoog, wat staan jou dan nog te doen met ’n bybetaling van in die duisende rande. Ek begin nou regtig glo dat oudword nie vir sissies is nie.

Met die hedendaagse pryse van verblyf vir oues is dit regtig nie vir baie meer moontlik om ’n blyplekkie te kry nie. As jy n plekkie van jou eie het moet jy nog ’n maandelikse bydrae betaal wat elke jaar met 10% verhoog. Later voel dit asof jy jou eie huisie huur. Nee wat, dit bly maar ’n regte tameletjie, hoe jy ookal na die situasie kyk. In my dae het ons as een uitgebreide familie saam gebly. Probleemloos was dit nie maar as kinders het ons dit so aanvaar.

Vir die wat nog jonk is, wil ek sê: wees dankbaar indien julle grootouers nog lewe en veral as hulle hulle self nog kan help. Waardeer elke oomblik.

This entry was posted in Leefstyl and tagged , , . Bookmark the permalink.

3 Responses to Oudword

  1. Senings sê:

    Mens dink en besef nie aldag wat die eise van ouderdom isnie, dan skok feite soos hierdie mens gewoonlik. Sterkte.

  2. MaanKind sê:

    Dankie vir die deel.

  3. seegogga sê:

    Ek sien al daardie ding le vir my ook voor die deur. Dis vir my so hartseer dat oues wat jare lank hard gewerk het, op hulle oudag ook so moet sukkel.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s