Wat sê die natuur?

Die Piet my vrou is van vroeg af al besig om te roep na sy maatjie. Dit is gewoonlik vir ons ’n teken dat daar reën op pad is. Vanoggend is die lug egter wolkeloos en net ’n ligte briesie waai. So onvoorspelbaar is ons lewens ook. Mens staan op en alles lyk asof dit ’n dag sonder enige probleme gaan wees. Dan maak die eerste wolkie sy verskyning. Sommer dou voor dag het die inbrekers toegeslaan op my skoonseun se onderneming en al die rekenaars gesteel. Die tweede inbraak binne twee weke. Soos julle weet is al die gestoorde informasie nou verlore as daar nie voorsiening gemaak is om dit te beveilig nie. Dit is dus ’n groot terugslag. Met die geroep van die Pietmyvrou in die bome buite wonder ek of dit die enigste slegte nuus is wat ons vir hierdie dag kan verwag.

Ons het die wolke nodig om vir ons die reën te bring wat ons broodnodig het. Ons moet ook nie altyd bid vir mooi weer nie want dan is die vooruitsig maar skraal vir ’n geseënde somer. Mens moet ook terugslae ondervind want die Hoër Hand wat die leisels in die hand het weet presies hoekom Hy laat gebeur wat moet. Soms lyk dit wat gebeur vir ons onnodig of dalk na foltering. Maar agter elke gebeurtenis is daar ’n plan. Agterna gesien besef jy dat die regte legkaartstukke presies so inmekaar moes pas. In die spieël is die raaisel voltooi.

Kinders kan nie altyd verstaan hoekom dinge nie altyd gebeur soos mens dit graag wou gehad het nie en dat daar ’n tyd vir alles is nie. Wag is nie in hulle woordeskat nie. Dinge moet NOU gebeur. Wanneer hulle dan ouer is besef hulle dit wat nie onmiddellik gebeur het nie alles ten beste was.

Ons almal skop maar teen die prikkels, al klink dit seker vir julle asof ek net preek. Luister met vreugde na die geroep van die Pietmyvrou en wees dankbaar vir die vooruitsig van ’n heerlike bui reën.

In die tuin het ek ’n plant met die naam Moses-in-die-mandjie. As die blomme groot oop is, is dit ook ’n teken van naderende reën. Hier waar ek sit, kan ek sien die blomme is groot oop. So al wat ek nou moet doen, is om dop te hou of die natuur se voorspelling reg gaan wees.

This entry was posted in Natuur and tagged , , . Bookmark the permalink.

One Response to Wat sê die natuur?

  1. Wia Cronje sê:

    Ek het pas vanoggend foto’s geneem van ‘n Moses in die mandjie” plant met sy pragtige blommetjies. Ek sal graag wil weet wat die Botaniese naam van die stukkie natuurwonder is. Buurvrou het twee van die plantjies en en sy weet ook nie wat die botaniese naam is nie. Weet u dalk?
    Dankie by voorbaat, Wia Cronjé

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s