My omgewing

Ek het op ’n stadium ’n hele jaar by my seun in ’n wildreservaat gebly. Dit was vir my baie lekker om soggens deur my kamervenster na die voëls te lê en kyk. Ek kon nie glo dat so baie voëls tegelyk bymekaar kon wees nie. Veral wanneer ek vir hulle papajapitte onder die boom gestrooi het. Ek kan jou verseker dat dit vir my ’n fees was om hulle dop te hou.

Dan weer kom die rooiboktrop sommer so wei-wei verby. So naby dat jy aan hulle kan raak. Die bababokkies was altyd vir my die mooiste. Maar die heel mooiste vir my persoonlik was die kameelperde wat rondom die huis aan die boomtoppe kom peusel het. As jy so naby aan hulle is kan jy jou verstom aan die lang bene en nek, die grasie waarmee hulle beweeg.

Daar was gewoonlik so drie van hulle bymekaar. Een Sondag voor ons kerk toe is was die koedoes besig om te vreet aan die grassies rondom die huis. Ons wou nie hulle rustige gang versteur nie en was dus laat vir kerk.

Die zebras was so mak dat die kinders vir hulle eetgoed uit hulle hande kon laat vreet. Ek het toe die eer gehad om hulle van naderby te kon beskou. Hulle bly darem maar pragtig.

Ja, dit was regtig vir my ’n belewenis maar ongelukkig het my gesondheid dit nie toegelaat om langer te bly nie. Ek is darem dankbaar vir die voorreg om so naby aan die wild te kon bly vir daardie tydperk. Dit sal altyd as een van die lekkerste tye in my lewe wees. ’n Herrinering wat ek kan koester. Nou is ek maar aangewys op fotos, wat darem nie dieselfde is nie.

As ek so terugdink aan jare wat verby is, was daar baie plekke waar ons die eer gehad het om naby aan die natuur te lewe. Ons was altyd gestasioneer op plekke ver van die stadslawaai. Eintlik maar iets soos ’n klein dorpie, wat altyd vir die kinders baie lekker was. Genoeg ruimte om hulle speletjies te beoefen en sommer kilo’s ver te ry met die fiets. Dit is eers toe die kinders begin tieners word het dat die stad meer opwindend gelyk het. Natuurlik sê my oudste seun nou dat hy nooit maar nooit in ’n stad sal kan aard nie. Hy weier ook enige verandering in werk as dit sou behels dat hy stad toe moet trek. So bly die lewe op die platteland vir ons belangrik.

Waar ek nou bly is dit naby genoeg aan die stad, maar dis ver genoeg dat ons voel asof ons op ’n plaas bly. Hie is min mense en dis baie stil. Ons plante groei so welig dat dit lyk asof ons in ’n tropiese tuin en dra natuurlik by tot die gevoel dat dit ’n plaas is. Natuurlik lyk dit na die reën nog mooier en groener.

Omdat ons huis groot vensters het, voel dit vir my asof ek tussen die plante is. Vir my is dit baie lekker want omdat ek nie meer so beweeglik is nie, hoef ek net my te verbeel ek is in die tuin. Ek kan ook die voëls dophou wat hier rondvlieg. Die pietmyvrou wat so knaend na sy wyfie roep. Die Jan Frederik wat so koggel en die loerie wat klink soos ’n hoender wat wei. Die hoep-hoepe wat so pik-pik op die grasperk rondloop.

Wat ’n voorreg om nog deel te wees van die belewenis wat so baie sou smag om te hê.

This entry was posted in Herinneringe, Natuur, Wildtuin and tagged , , , . Bookmark the permalink.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s