Padveiligheid

Daar was ’n tyd in ons lewens dat ons baie op pad was iewers heen. In al daardie tyd was ek nooit so bang as wat ek nou is om te ry nie. Al wat jy hoor is hoe baie ongelukke daar daagliks plaasvind. Wat is die verskil tussen toe en nou? Ek weet dat motors vinniger is en daar al hoe meer karre op die pad is as in ons tyd. Dit is net asof die bestuurders nie meer omgee nie. Almal jaag om so vinnig as moontlik by hulle bestemming aan te kom. So voet in die hoek en basta met die res.

Toegegee, elke mens wil graag gou uitkom by geliefdes of by hulle vakansiebestemming. Ek weet dat die hele gesin haastig is om te kom waar die branders roep. Maar kan hulle nie meer rus-rus ry nie? Ek voel dat ’n mens maar bietjie moet rondloop in die dorp op die afdraairoete. Gebruik die geriewe in die dorp eerder as dié aan die hoofpad geleë. Gaan drink daar ’n koppie koffie en strek sommer jou bene. Partykeer ontdek jy ’n plekkie waar die kos sommer baie lekkerder is as die besige eetplek op jou roete wat jy beplan het. As jy kan, probeer ook om nie te vroeg soggens of te laat in die aand te begin ry nie.

As jy verby ’n ongelukstoneel ry en sien hoeveel mense se drome oor ’n sorgvrye vakansie aan skerwe lê besef jy al hoe meer die realiteit van hoe meer haas hoe minder spoed. Kom liewers ’n dag laat as om in ’n ongeluk betrokke te wees. Sover is daar 1 200 mense dood in ongelukke op die pad. Hoeveel hartseer en ontwrigting in sovele huise. My simpatie aan almal wat iemand verloor het in hierdie tyd.

’n Mens kan net hoop dat bestuurders hulle mede-reisigers met meer geduld gaan behandel. Daar is mos bestuurders wat dink hulle bestuursvernuf kan hulle oral uit situasies en penaries uit red. Onthou net jy moet dink vir die ander bestuurders ook.

Nou dat die skoolvakansies ten einde snel, wag daar weer ’n naweek van terugjaag huistoe. Want die vakansie word uitgerek tot op die laaste minuut. Geniet die laaste wekie maar maak voorsiening om rustiger te ry en meer af te trek om te rus. Die dae is lank en warm, so wees meer rustig. Beteuel maar die humeur as die ou voor jou inswaai of verbysteek. Ek weet dat ’n mens baie keer voel asof jy die bestuurder van daardie moter sommer kan byloop en n paar warm klappe uitdeel.

Ek preek nie ek vra net mooi, gebruik die pad met ontsag.

 

This entry was posted in Reise, Vakansie and tagged , . Bookmark the permalink.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s