Bogstories en meer

Ai, vanmôre is dit weer een van daardie dae; die kraaie gaap behoorlik. Die lus om iets liggaamlik te doen ontbreek heeltemal. Toe blaai ek maar so deur die plaaslike koerantjie. Ewe min lus om te lees van al die dinge wat nou weer verkeerd geloop het met die water en paaie. Ek kom toe op die brokkies nietighede af wat ek wil deel met julle. Party van hulle is nogal baie snaaks. Ek wonder net waar die skrywer van die artikel alles gehoor of gelees het. Hy noem dit die feite van die lewe maar is eintlik net sommer bogstories, iets om jou nuwe jaar met ’n glimlag in te lui.

Wanneer weet jy jy leef in 2012? Wanneer jy jou bankkode nommer intik op die mikrogolf oond of jy Solitaire jare gelede met regte kaarte gespeel het; jy ’n lys van 15 telefoonnommers het om jou naaste familie van drie te kontak; jy die persoon wat langsaan jou lessenaar werk, kontak deur middel van ’n e-pos; jy kla dat jy nie meer in kontak met jou naastes is nie omdat jy nie hulle e-posadresse het nie en jy nêrens kan gaan sonder dat jou selfoon byderhand is nie. Mens sal selfs teruggaan om die vergete selfoon te gaan haal al het jy vir 20, 30 of selfs 60 jaar nie oor een beskik nie.

Ons is ook maar goed vatbaar vir nonsensstories, soos dat die woord GOLF beteken “Gentlemen only, ladies forbidden”.

Een feit wat waar is, is dat jy nie jou elmboog kan lek met jou tong nie. Ek vra myself af of dit belangrik is. Dieselfde kan immers van jou oor gesê word.

Om terug te kom by al die feite van die regte lewe besef mens dat die jaar wat voorlê ook maar uit op- en afdraendes gaan bestaan. Met watter gesindheid ons dit gaan aanpak hang van onsself af. Is jy geneig om altyd net die donker kant van die lewe raak te sien, moet jy net onthou voor in wapad brand daar ’n lig.

In my lewe was daar ook baie donker dieptes waar ek moes deur, maar ek het altyd daaraan gedink dat ons Hemelse Vader daar was om my deur te trek. Gelukkig is ek geseën met ’n geaardheid waar alles nie net donker was nie, waar ek altyd die goue rand om die donker wolk kon raaksien. Anders as my wederhelfte wat weer net donker kon ervaar. Dit was maar moeilik want ek moes gedurig bemoedig en mooipraat. Totdat hy later sou erken dat ek reg was en dat dit nie nodig was om so swartgallig te wees nie.

Ek het dit natuurlik gewyt aan die feit dat ondervindings tydens mens se kinderjare ’n groot rol gespeel in mens se uitkyk op die lewe. My kinderjare was baie gelukkig, maar syne was baie stormagtig. Sy ma is net na sy sestiende verjaarsdag oorlede, en moes die kinders wat kon uitspring en werk moes maar op die harde manier leer. Die jongeres is na ’n weeshuis gestuur.

Dit is my opinie en ek kan heeltemaal verkeerd wees, maar glo tog dat dit anders sou wees as hy in ander omstandighede groot geword het.

Sal maar sê hamba kahle vir die res van 2012. Probeer om diegene wat soms so bietjie af voel te bemoedig.

 

This entry was posted in Gewoontes, Mense en hul dinge, Raad en daad and tagged , , . Bookmark the permalink.

2 Responses to Bogstories en meer

  1. Toortsie sê:

    ‘n Mens is maar ‘n produk van jou ouers. Of jy dit wil erken of nie!
    Ek het ook ‘n positiewe uitkyk op die lewe. My pa het ‘n manier gehad om alles “ligter” te maak, my ma is weer die “donker” een…
    My man? Soms is hy ongelooflik positief, soms negatief…

  2. Toortsie sê:

    En soms is ek ook maar negatief, alhoewel ek probeer om dit met mag en mening te beveg!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s