Skoppensboer

Vanmôre is ek maar so ’n bietjie swartgallig. Ek het by almal gespog het dat ek niks, maar net niks, glo aan die onheil van Vrydag die dertiende nie. Nou moet ek erken dat ek my woorde moes sluk want daar beland ek toe pens en pootjies in die hospitaal met ’n probleem wat my laat lus voel het om liewers maar so stil-stil die asem uit te blaas. Nou voel ek weer beter en kan ek nie dink ek was so depressief nie.

Die hele petalje het my laat dink aan Skoppensboer van Eugene Marais:

Gewis is alles net ’n grap
Ons speel in die komedie mee
geblinddoek met ’n lamferlap
wat selfs die son ’n skadu gee
Wat treur ons tog?
Viool en fluit maak nog geluid
en lank die nag wat voorlê nog.
Al kan ons nooit volmaaktheid raak
nog blink die oog en gloei die huid
wat heel die winter blomtyd maak
Dus onverleë
lag ons maar mee
met elke toer
van Skoppensboer.

Ja-nee, ek weet ’n mens praat sommer so ligtelik van wat jy alles nog gaan doen, maar is ons regtig by magte om te voorspel wat om die draai wag? Ewige optimis dink ek al weer sommer wat ek nou weer gaan aanvang.

Ek droom al weer wat ek gaan doen as die agterkleinkinders uit Londen gaan arriveer. Ons is baie opgewonde want net my dogter het al die heel jongste ontmoet. Ek tel sommer die dae. Foto’s kry ons gereeld, maar dit is darem nie die werklike ding nie. Skype is ook nie die werklikheid nie. Mens sien mekaar maar die ware jakob is soveel beter.

As ’n mens gedwing word om vir ’n paar dae op jou eie aangewys te wees dink mens nogal vreemde gedagtes. Luister so na jou kamermaats, elkeen het maar ’n probleem van haar eie. Mens sê dan dankie dat jou probleem van ’n geringer aard is.

Die hospitaal is spik splinternuut en baie modern, maar mens se bed tuis bly maar die beste. Daar kan jy draai sonder om die drupbuisie in ag te neem, jou bene uitstrek want jou bed is groot en ruim en jy hoef nie versigtig te draai uit vrees vir die afvalslag nie. Die beddegoed wat opbondel op plekke is vir die saalsuster ’n doring in die oog. Hospitale is regtig net vir siek mense; sodra dit beter gaan wil jy net huis toe.

Die ander ding is nou kry jy spyskaarte waar jy jou volgende ete kan bestel. Baie styl, maar vir my bly die kos by die huis maar die lekkerste.

Ek moet ophou kerm en dankie sê dat ek weer by die huis is waar almal my pamperlang. Miskien is dit goed om so af en toe bietjie weg te gaan; die huismense lyk my verlang darem dan na my.

This entry was posted in Ipekonders and tagged , , . Bookmark the permalink.

7 Responses to Skoppensboer

  1. MaanKind sê:

    Sterkte! Hoop die gesondheid hou solank jy asem het.

  2. attie sê:

    Klink na ‘n optimis. Sterkte en lekker tel aan die dae totdie agterkleinkinders kom. Heel vaardig met die rekenaar en die internet vir ‘n ouma-grootjie.🙂

  3. net n ander iets se vrou sê:

    Ons is so bly jy is terug. Ek het party dae sommer 3 keer gaan kyk of daar nie iets nuuts op is nie. Welkom terug.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s