As ek die lotto wen

Vanmôre het my gedagtes sulke wilde draaie in die verlede in gemaak. As mens se bewegings ’n bietjie ingeperk is, kry jou verbeelding maar vlerke. Graag sou ek wou dans tot hoenderkraai, lang paaie stap in die pragtige natuurskoon van Blyderivier, al die wonderlike tye in die Etosha weer beleef.

Ag, ’n mens is mos nooit tevrede met wat jy het nie. Die gras is mos baie groen aan die ander kant van die draad. As jy dan daar kom is die gras maar dieselfde as aan jou kant, verlep en droog. Wanneer gaan ons besef dat die lewe is wat jy daarvan maak.

Nou die dag vra die omroeper wat ons graag sou wou verander in die tyd voor ons dood. Vir my was my eerste gedagte om al die honger kindertjies wat hulle gereeld op TV wys genoeg te laat eet.

Dit gee jou baie stof tot nadenke. Hoeveel kos beland in jou asdrom? Niemand dink daaraan om die slegte plekkies van vrugte wat net effens gekneus of te sag is uit tesny, dit op te kook en vir die seuntjie by die robot te gee in ’n lee margarienbakkie nie. Vir hom sal dit soos nagereg proe.  Nee dit is makliker om dit weg te smyt. Mens kan ou brood uitdroog in vingers soos beskuit en dan saam ry om, as iemand dan vra vir ’n stukkie brood, vir daardie persoon te gee. As hy werklik honger is sal hy dit verwelkom.

Omdat ons nog nooit so honger was nie kan ons ons nie indink hoe ’n honger kind voel nie. Ek weet dat party mense vir jou sal sê die mense wat bedel op straat wil nie kos hê nie. Hulle soek geld om gom of drank te gaan koop. Maar jy kan jou daaraan troos dat jy met jou broodjie probeer het om ’n honger te stil. Nie die honger na ’n dwelm nie maar ’n werklike honger na kos.

As mens op TV na die ma kyk, uitgeteer met vn baba wat tevergeefs suig om ’n paar druppels melk uit te pers, kan jy nie anders as om nagmerries daarvan te kry nie. Dan wens mens jy kan deel met wat jy het, al is joune ook maar karig.

Ons kan maklik vinger wys as daar ’n paar teesakkies so ongemerk verdwyn, maar dit is ook maar uit noodsaak. Daar is nie altyd ’n pa wat help verdien nie, ma se geldjie moet oral gaatjies toestop en sy moet ook voorsien in al die skoolbehoeftes en met ’n dikbek tiener se grille uithou. Hy wil ook so graag ’n brandname hemp hê, maar daar is nie ’n kat se kans daarvoor nie. Die resultaat nog meer tantrums, plus madam se nukke en grille om mee by te hou.

Ek weet daar is nie ’n kans dat ek die Lotto kan wen en sommer links en regs kan uitdeel nie. As ek wel kon wen, sou ek graag wou deel. Na alles kan jy tog niks saamneem as jy sterf nie.

This entry was posted in Gewoontes, Leefstyl and tagged , , . Bookmark the permalink.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s