Poppe versamel

Een van my stokperdjies in my aftreejare was om poppe te versamel. In daardie jare was daar nogal ’n geleentheid om ouer poppe in die hande te kon kry. Die DBV het donasies van die ouer garde wat huis opgegee of by kinders ingetrek het, gekry.

Daar het die gogga behoorlik gebyt want daar het ek toe ’n volledige stel poppe geklee in hulle nasionale drag gekry. Ook ’n hele stel rubberpoppies, van die soort wat net doeke aangehad het. Sodra die doek nat geword het, het die doek van kleur verander. Dit was vir die kleintjies ’n groot aardigheid. Die Barbie-poppe was ook vir my ’n moet hê. Die kinders het my natuurlik gespot oor ek so lekker pop gespeel het. My verweer was altyd dat ek as kind nie die geleentheid gehad het nie. Daar was net nie geld vir sulke luukses nie. Nou kon ek na hartelus speel met die Barbies wat ek na willekeur kon aantrek met spesiale klere.

Daar was poppe te kies en te keur. Alle groottes en soorte. Ek kon uitkies tussen die poppe wat mense nie meer wou gehad het nie. Die pryse was ook billik, en namate ek ’n meer gereelde klant geword het, het die personeel by die speelgoedstalletjie my so goed geken dat hulle vir my poppe gebêre het waarvan hulle gedink het ek sou hou. Met elke besoek aan die DBV was dit vir my soos ’n skattejag waar ek na hartelus kon krap om nog ’n skat te kon ontdek.

Op daardie stadium het ek ook nie geweet dat sekere van die Barbies gesogte versamelaarsitems was nie. Dit het ek eers later uitgevind nadat ek myne almal uitgedeel het want ek moes afskaal wat genoodsaak het dat ek van my versameling poppe en teddiebere ontslae moes raak.

Met ’n latere trek is my rubberpoppies, wat ek spesiaal gebêre het, gesteel. Dit was vir my ’n baie groot verlies. Teddiebere en trolle wat eintlik mooi van lelikgeit was, was ook deel van my vele versamelings. As ek nou daaraan dink, kan ek nie onthou om watter rede ek nie Smurfies versamel het nie.

Aan die pluskant van die afskaal is dat ek nie meer nodig het om alles af te stof nie. Ek wonder egter of meisies nog pop speel. Stel hulle ooit belang want hulle lewens is so vol van popsterre, mooimaakgoed en modes.

This entry was posted in Leefstyl, Stokperdjies and tagged , , , . Bookmark the permalink.

2 Responses to Poppe versamel

  1. MaanKind sê:

    Hier naby ons is ‘n tannie met ‘n speelgoedmuseum.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s