Melancholie

Ek voel vandag regtig baie melancholies. Ek is hartseer oor iemand anders se seer. Vir party mense is dit seker snaaks dat ek so verdrietig kan voel oor ’n storie wat ek op Tjailatyd gehoor het. Die man bel in om te sê dat hy nie wil huistoe gaan nie, daar wag niks vir hom by die huis nie, niks om na uit te sien nie. Daar is net stilte want hy en sy vrou het niks om vir mekaar te sê nie. Nou verneem hy na ’n pad waar daar oponthoude is sodat hy la-a-a-nk moet ry om by die huis uit te kom. Hulle kinders is uit die huis en hy en sy vrou het nou niks meer in gemeen nie. Vir hom is dit ’n straf om by die huis te wees.

Ai, hoe gebeur dit na soveel jare dat jou huis jou tronk word. Vir my as buitestaander is dit vreemd want ons kon nie gou genoeg by die huis kom om ons lief en leed met mekaar te deel nie. Al was ek huisvrou en hy die broodwinner, het ons tog baie dinge gehad om oor te praat. Hy was miskien besig om in die tuin te werskaf na werk en ek saam met hom al geselsende. Soos Toortsie sê, ons het saam aan ons huwelik gewerk, die ops en die afs saam verwerk.

Ons kinders het ver van ons af gebly en het hulle so een keer ’n maand gesien. Omdat ons op verafgeleë dorpies gebly het, was hulle besoeke oor naweke. Dan het ons darem ’n hond uit ’n bos gekuier. Saans laat gaan slaap om al die dinge wat hulle en die kleintjies aangevang het in die tyd wat ons mekaar nie gesien het nie aan te hoor. Ag, dit was lekker maar wanneer hulle huistoe moes gaan, was ons hartseer en het maar net gebid dat hulle gou weer ’n geleentheid sou kry om te kom kuier.

Ek weet dat wanneer die leënessindroom aanbreek dit vir enige ouerpaar maar ’n nagmerrie kan wees. Daarom beveel ek in my eenvoud aan dat ’n mens jou eie belangstellings moet hê. Kweek eksotiese blomme, leer om sonder mekaar iets te doen waaroor julle kan gesels of mekaar se mening kan vra. Of begin saam kos maak. Dit is nogal baie keer ’n saambindende factor. Die groot probleem kom as jy net wil foutvind met al wat ’n nuwe projek is wat hy of sy wil probeer aanpak. Gee mekaar ruimte, maar stel belang in wat hy of sy ookal vir jou wil vertel. Daar is niks maar niks so afbrekend as wanneer jy maak of jy belangstel, maar dit regtig nie bedoel nie.

Noudat baie kinders oorsee woon, is dit seker ’n groter probleem. Besoeke is nou beperk tot een keer ’n jaar (as jy gelukkig is en hulle of julle dit kan bekostig). Ouma en Oupa sien kleinkinders groei en grootword op foto’s en Skype. Daar is nou nie eens meer die lekkerte van ’n warm babalyfie teen joune nie. Net foto’s. Baie dankie vir die voorreg wat ons nog kon geniet om hulle by ons in lewende lywe te kon gehad het. Nou praat hulle ook nie meer eens jou taal nie, maar noem die kleintjies jou Granny en Grandpa. My ma se woorde was altyd, solank jy hulle onder een kombers kan toemaak, bly dit van die lekkerste herrinnerings. Wees geseënd en gelukkig as gesin, is my bede vir almal.

This entry was posted in Huislewe, Leefstyl and tagged , , . Bookmark the permalink.

2 Responses to Melancholie

  1. Ag dis sommer baie hartseer. Ek wonder of hy iets doen aan die situasie, of kry hy homself net jammer? Miskien voel sy vrou dieselfde … ek hoop hulle kan weer ‘common ground’ vind.

    • klippie sê:

      Ja, ek hoop ook so. Dis hartseer dat mense so uitmekaar groei maar as albei daaraan werk om die verhouding te herstel, kan hulle sekerlik weer bymekaar uitkom.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s