Negentien voertsek model

Soos die jare aanstap kom ’n mens tot die besef hoe vinnig tyd verbysnel. Dit is al asof die brieke los geraak het en daar nie meer ’n stop vorentoe is nie. Soms kom daar ’n verkeerskonstabel in die vorm van siekte of ’n terugslag om jou tot halt te roep. Dan kan jy die negentien voertsek model n bietjie laat luier en rus en kry jy weer ’n kansie om bietjie nabetragting te doen, miskien n ou part te vervang met ’n operasie, of andersins tot die besef kom dat dít nie eens meer sal help nie. Skrootwerf is jou voorland.

Hierdie negtien dertig model het nou tot op daardie punt gekom. Gaan ek dit waag om te gaan vir ’n vervanging of gaan ek maar aanploeter op die ou trant? Die dokter mekeniek is ook al raadop. Die smeermiddels en byvoegsels werk nie altyd meer na wense nie. Lap hier, krap daar, maar tevergeefs.

My groot beswaar is die nasorg, wie sal bereid wees om hulle volle aandag aan ’n ou krok te gee? Almal moet werk en skoolgaan. Ou karre moet daaraan dink, hulle vra nou vir meer aandag as die nuwes. Nuwe onderdele is ook nie altyd ’n oplossing nie. Knyp oë toe en gaan maar aan soos vroeër.

’n Knyptang en stukkie bloudraad het nog altyd gehelp vir ons ouer modelle. Hierdie fensie gedoktery is miskien van toepassing op die nuwes, maar ons was gewoond aan ’n bietjie hardhandige behandeling. Onthou nog die slinger se gedraai om die motor te laat vat. As dit nie gewerk het nie, was ’n skop sommer jou voorland.

Hierdie nonsies skrywe is sommer net terwyl ek moet erken dat die vergelyking nogal goed werk. As ek so luister na die verjaarsdagwense van die senior burgers, besef ek net hoeveel oor die negentigs daar werklik is. Ouer word, te danke aan ons dokters, is baie algemeen, maar die probleme wat daarmee gepaard gaan is vir die jongeres nie altyd maklik nie.

Solank die gesondheid hou is dit makliker; dit is wanneer daardie ou onderdele so een na die ander ingee dat die probleme baie word. Ouetehuise se inblykostes is astronomies en om iemand voltyds te huur om om te sien na so ’n persoon is net so onbekostigbaar. Pensioene kan nie oral dek nie. Pille, smeergoed en brille is ook net so duur. Wat nog te sê van valstande. So ’n ou model kan jou nogal baie duur te staan kom.

Neem jy mense kwalik as daar altyd ’n dwarstrekkery is wanneer oupa of ouma opgepas moet word? Party van ons is nogal moeilik. Hulle vind fout met alles, steek hulle neuse in waar dit nie moet nie, kritiseer die kleinkinders se gedrag, kleredrag en sommer ook hulle keuse van lewensmaats ook. Is dit ’n wonder dat hulle ons as busybodies klassifiseer?

Ek het altyd gese, dat ek graag ’n maat vir my kleinkinders wil wees; saam met hulle jil en nonsies praat, wat ek natuurlik goed kan doen. Hoe gewild ek is, sal ek maar raai. Ek sien hulle nou ook maar min maar as die geleentheid daar is kuier ek lekker saam: Heuwels Fantasties, Jax Panik, Parlotones is ook dan my saamluister tyd. Tot vreugde van Kleinklippie. Ek trek net ’n streep by die kyk na ’n horror fliek. Dit is buite die kwessie. Dan gaan ek maar liewer slaap.

This entry was posted in Kinders, Oudword and tagged , , , , . Bookmark the permalink.

5 Responses to Negentien voertsek model

  1. MaanKind sê:

    Ag maar ou karre kan darem ook liefdevol afgestof en gepoets word…

  2. MaanKind sê:

    O ja, en as hy eers Vintage is, is hy baie werd!

  3. Die kar vergelyking laat my nou dink aan Tant Ralie se losies huis. Die twee tannies dring daaropaan om die ou Fordjie te koop, toe is die Fordjie al die pad ‘n Rolls.

    Miskien dink jy self dat jy ‘n ou Fordjie is, maar die kinders en klein kinders sien ‘n Rolls Royce.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s