Waar was ek?

Xena en Toortsie vra nou al lank waarom ek so stil is. Ek gaan dit met ’n ompad ptobeer beantwoord.
Daar is altyd die groot vraag of die dinge wat jy beplan gaan realiseer. Byvoorbeeld, hoe lankal beloof jy jouself dat jy al die halfvoltooide items gaan klaar maak. Die kombersie wat al hoe lankal soos ’n aanklag vir jou lê en wag om klaar te hekel of die brief wat jy vir jouself belowe om vandag nog aan ’n persoon wat jy baie lanklaas gesien het, te skryf. Dan kom die tyding dat daardie persoon oorlede is en sit jy met die verwyt dat van jou afstellery om daardie besonderse boodskap wat jy so graag wou oordra nou niks van gaan kom nie. Dan dink jy aan die spreekwoord wat sê, van uitstel kom afstel en is dit soos ’n aanklag teen jou. Dan wil jy ’n nuwe voorneme maak om niks aan te pak en halfpad op te hou nie.
Hoe ouer mens word, hoe meer kom jy onder die indruk dat mens baie maklik iets belowe wat nooit gedoen word nie. Jy dink dan dit is so maklik om iemand te laat glo dat die persoon gaan woord hou en daarby bly. Maar intussen is dit maar net ’n trooswoord aan ’n ou mens, net soos vir ’n stout kind. Hoeveel keer het jy nie al gehoor die selfverwyt van ’n persoon as dit te laat was om meer tyd aan iemand af te staan terwyl hy of sy in die lewe was nie. Trane is dan te laat, daarom gee die blomme terwyl die persoon nog lewe as om later spyt te wees dat dit vir ewig te laat is.
Ek kyk en luister so en besef dat daar duisende ouer mense is wat so graag van hulle kinders of kleinkinders wil hoor of sien maar tevergeefs wag. Omstandighede maak dit soms onmoontlik om jou ouer gereeld te sien maar het jy daaraan gedink al is dit net ’n haastige geskriffie dit ook ’n doel kan dien.
Daarom het ek die laaste paar weke tyd spandeer saam met my kleindogter en haar kinders wat ons met ’n besoek uit Engeland vereer het. Dit was ’n voorreg om die baba geselskap te hou wat vir die geringste geluid of glimlag sommer gekraai het van die lag. En haar boetie wat, alhoewel hy geen woord praat nie, mens baie goed laat verstaan wat hy wil hê. Kinders bring vreugde in ’n oumens se lewe.

This entry was posted in Kinders, Oudword. Bookmark the permalink.

6 Responses to Waar was ek?

  1. MaanKind sê:

    Ek is vreeslik dankbaar jy kon tyd met hulle spandeer, Klippie!

  2. Toortsie sê:

    Jy het reg gekies, Klippie!! Baie reg!

  3. Dis baie waar. En dink net aan al die heerlike herinneringe wat julle almal geskep het.

  4. Welkom terug!!! Ek is bly dat jy die jongklomp se kuier geniet het.

  5. kobie sê:

    Ek is seker hulle het ook lekker gekuier!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s