Waterskaarste

So ’n paar weke gelede het die Maandag het sommer op ’n verkeerde noot begin. Geen druppel water in die krane nie. Mens kan jou nooit indink aan die situasie voordat dit nie eens aan jou voordeur klop nie. Geen water om jou vroegoggend stort te kan geniet nie, of ’n koppie koffie om jou dag mee te begin nie. Wanneer men’s na die radio luister en hoor van party plekke wat sommer ’n week lank sonder water sit, klik jy jou tong en wonder hoe hulle daarmee saamleef. Nou weet jy hoe dit voel. Klaende tiener oor hare wat nie gewas kan word nie. Swem kan jy darem om die ergste sweet af te was, maar wat maak jy met die vuil skottelgoed wat jy nie kan skoonkry nie? Die gekoopte water is net vir drinkdoeleindes en dit kan nogal ’n duur transaksie word as daar ’n huis vol mense is. Vir ons kuiermense van oorsee is dit nogal iets wat aan ’n derdewêreldland herinner.

Nou kom mens agter hoe vanselfsprekend ons water aanvaar. Draai die kraan oop en terwyl die water loop borsel jy tande, was hande en die kraan loop aanhoudend. Bad word amper tot oorlopenstoe vol getap sodat jy vir ’n lang ruk in die water ontspan.

Om sonder water te wees vir ’n dag of twee kan miskien nog gaan maar wat as die fout wat dit veroorsaak het nie dadelik reggestel kan word nie? Wat gemaak as jy ’n besigheid het met heelwat mense wat moet kos voorberei vir klante en die krane is droog? Vragte vuil borde, glase, koppies en pierings wat nie kan skoon kom nie. Maak jy die deure toe en verloor besigheid vir die dag?

Die waterkar het nou net hier onder in die straat gestop en moet ons ons rantsoen water gaan haal. Amper soos in die ou dae. Kyk nou met ander oë na die mense wat water so ver moet aandra om kos te maak, klere te was en hulself te reinig, alles met net ’n emmer water.

Ons is nog baie bevoorreg om net vir ’n dag of so te sukkel en ons weer net daaraan te herinner dat ons nog baie het om voor dankbaar te wees. Ek besef ook dat ons meer water moet probeer bespaar: stort in plaas van bad, die tuin op tye nat te maak waarop die plante die meeste nut daaruit kan kry en nie op die warmste van die dag nat te maak nie. Of plant meer geharde plante wat nie so baie water nodig het nie.

Kinders moet nie in die water mors nie, die oumense wil dit drink, so lui die liedjie. Maak dit maar ook jou leuse.

This entry was posted in Gewoontes, Huislewe, Kinderspeletjies, Natuur. Bookmark the permalink.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s