My kop steek vas in die verlede

Per toeval het ek alreeds hierdie stuk geskryf toe ek nou Seegogga se kommentaar ontvang. Ek moet erken dat wanneer mens ’n mens ouer word en jy alleen is, jou gedagtes terugneig na die verlede en dat alles dan in ’n waas van geluksaligheid gehul is. Seker omdat alles in jou geheue net om die lekker en onbekommerde gebeurtenisse gaan. Iemand het nou die ander dag vir my gesê, vergeet van gister en vertel van die goeie dinge wat nou met jou gebeur.

Ek is nie meer aktief deel van mense wat my nodig het nie en daarom voel ek nie dat ek nog ’n doel het om voor te lewe nie. So, vir myy is dit maar moeilik om die goue randjie aan die donker wolk raak te sien. Almal om my is besig om te skarrel en die pot aan die kook te hou. En al is ek deel van ’n huishouding, is ek nie meer aktief nie. As grootouer moet ek afstand behou, nie inmeng nie. Mens moet probeer om nie ’n oorlas te wees nie. Natuurlik is ek dankbaar dat die kinders nog tyd vir my in hulle besige daaglikse roetines inruim.

Dit is waar dat jy jouself moet kan besig hou, maar ek kan jou verseker dat as jy alleen is, kan ’n dag maar lank wees. Met al die hekelry en boeke lees wonder jy soms of dit al is waarvoor jy goed is.

Ons was so besig toe ons nog ’n paar was, die dae was te kort om alles in te pas en nou is daar te veel tyd en te min om te doen. Kinders en kleinkinders is groot en uit die huis, besig om hulle eie lewens te lei. Soos ek al soveel kere vertel het, was ons altyd op pad iewers heen en ewe skielik is daardie voorreg my ontneem. Dit is vir my die grootste gemis: die mobiliteit wat my ontneem is. Graag sou ek die tyd wou terugdraai net om weer die plekke te kon besoek waar ons oral was. Die kinders is nou in Kenia en binnekort gaan hulle weer oorsee. Dit gun ek hulle want ek onthou my rondrydae en die genot wat ek daaruit kon put. Nou is my rondry net die Travel-kanaal op die TV.

Ek wil nie soos ’n klakous klink nie want verstaan my mooi dit is nie omdat ek ongelukkig is nie maar net dat ek vandag ’n bietjie melankolies voel en wens dat ek by magte was om in die tyd terug te gaan. Soos baie van die jeugverhale wil ek graag die horlosie terugdraai tot op daardie tyd wat ek graag sou wou herbelewe. Maar, nouja, die lewe staan nie stil nie en moet aangaan, no matter what.

This entry was posted in Familie, Gestremdheid, Gewoontes and tagged , , . Bookmark the permalink.

6 Responses to My kop steek vas in die verlede

  1. MaanKind sê:

    Sommer net so verstaanvashoudrukkie vandag vir jou.

  2. seegogga sê:

    En nog een. Ek leef reeds so baie in die verlede, ek weet nie hoe ek oor 20 jaar gaan wees nie! Maar ek herinner my aan ‘n ander ou dame van in die 80, wat toe besluit het om ‘n boek te skryf oor haar kinderjare. Die is gepubliseer en het tog te lekker gelees. Wat van al daar die mooi herinneringe net nie op ‘n blog nie. maar in ‘n storie saam te voeg, met ‘n paar dramatiese of slegte oomblikke ingevleg vir ‘n bietjie spanning, voor die gelukkige einde? Hoe lyk dit?

  3. Son sê:

    Oud word is ‘n bliksem. Regtig. Hoekom kan mens nie WEET dat jy meer as een lewe gaan leef nie? Hugs vir jou, Klippie.

  4. seegogga sê:

    Ha! Dit sal jou beslis besig hou! My pa wou mos so ‘n boek skryf. Hy het ‘n boek gekoop, ‘n lessenaar, maar nooit regtig by die skryf uitgekom nie. So jammer, want nou is bzaie van syu stories en sy besondere manier van vertel, verlore. Ek sou soooo graag so ‘n boek van hom wou gehad het.!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s