Kinderopvoeding

Nou die dag lê ek en luister op die radio na ’n program oor hoe maak ons vandag kinders groot. Vir my is dit nogal insiggewend om na soveel menings van verskillende mense te luister. Die meeste mense verskil nie oor die feit dat daar kommunikasie tussen ouer en kind moet wees nie, maar almal moet toegee dat dit makliker gesê as gedaan is. Meeste van ons groter kinders wend hulle tot hulle Facebook-vriende vir raad eerder as om ma en pa te raadpleeg. Kommunikasie bly ’n groot leemte tussen ouer en kind want hulle soek elders antwoorde.

Die dae toe daar eers toestemming van jou ouer verkry moes word voordat jy iets kon aanpak, is iets van die verlede. Ouers word nou net ingelig oor wat die kind besluit het om te doen. Vir my is dit nog noodsaakilik dat daar grense moet wees wat ’n kind moet eerbiedig en dat ouers nog ’n sê moet hê in die besluite wat geneem word. Ek sê nie dat mens nie na wat jou kind dink moet luister nie. Maar net omdat hy of sy agtien is en as grootmens sy eie besluite kan neem en in die proses foute kan maak beteken dit nie dat hy of sy my as ouer nie ook in ag moet neem nie.

Ek het nou anderdag gehoor dat ’n ouer sy bes kan doen om ’n kind die regte leiding te gee maar sodra hy of sy uit die huis is, is al daardie waardes vergete en doen die kind tog maar wat hy dink vir hom reg is. Ouers sal ook graag sy vriende wil ontmoet maar vandag is dit gesiglose netwerkvriende wat jy net van hoor en jy geen beheer het oor wat gesê of gedoen word nie. Party kinders spog net met die hoeveelheid volgelinge wat hulle het.

Ouers is baie besig en kan nie altyd luister na wat die kind pla nie; daarom is dit vir hulle seker baie makliker om maar die probleem te deel met iemand wat daar is om te luister al is dit net op die foon of die rekenaar. Ek is natuurlik van die ou skool en glo dat niks beter is om met jou ouer te praat nie, maar moet erken dat die kinders nie meer alledaagse goedjies met jou deel nie. Mens moet alles uit hulle uittrek en dan bly dit ook maar vaag en niksseggend. Miskien is hulle bang vir die veroordeling van hulle doen en late: “Ma sal net weer sê dit is verkeerd!”

Goeie maniere en respek is by my ’n moet en natuurlik dissipline daarby. Rebelsheid is ook een ding wat ek nie maklik kan verwerk nie. In ons tyd was dit pleinweg parmantigheid genoem en ’n paar klappe het wonders verrig. Nou mag jy nie meer ’n loesing toedien nie, want dit gaan binnekort teen die wet wees om jou kind te tugtig. Ek was nooit ten gunste van lyfstraf nie maar moet erken dat ’n klap soms baie probleme opgelos het.  Ek wil net vir elke ouer wat nog groen koring op die land het en vir die struikelblokke wat nog oorkom moet word met die grootmaak van kinders sterkte toewens.

This entry was posted in Gewoontes, Kinders, Leefstyl and tagged , , . Bookmark the permalink.

4 Responses to Kinderopvoeding

  1. seegogga sê:

    Woorde wek, voorbeelde trek. Ek glo nie dit is so dat kinder net doen wat hulle wil as hulle uit die ouerhuis is nie.Die basiese waardes bly daar. Die probleem is eerder dat ouers nie meer hulle kindr grootmaak nie! Deesdae gaan die kon sommer van babadae creche ote, speelskool , kleuterskool en dan grootskool met nasorgsentrum na die tyd.. Hoeveel tyd is daar vir die ouer vir vaslegging van waardes en norme?

  2. Kokkewiet sê:

    Ek glo dat as die ouers die waardes vaslê sal die kinders wel weet wat is reg en verkeerd as hulle uit die huis is – ja ek dink tog hulle sal heelwaarskynlik hulle eie koppe volg, foute maak, maar tog insien dat die ouers tog maar reg was.

    @Seegogga, ja kinders is baie min by die ouers deesdae en daar is ouers daarbuite wat nie tyd het vir hulle kinders nie (wat hartseer is), maar as ouer kan mens tyd maak vir jou kind/kinders. Ek is ‘n enkelmamma en ongelukkig moet my seun maar heeldag by die skool wees – maar hy weet dat hy my aandag het in die aande en ook oor naweke. Ek dink ons het ‘n goeie verhouding en praat oor alles – ek kan net hoop dit bly so, soos wat hy ouer word.

    • klippie sê:

      In die meeste gevalle werk dit so, dink ek ook. Maar selfs in die ou dae het ons gepraat van die “swartskape”, die kinders wat net nie die ouers se voorbeeld gevolg het nie.
      @Kokkewiet, ek glo dat ‘n goeie verhouding begin al wanneer die kinders nog nie eens kan praat nie. Kinders gaan deur ‘n groeiproses waar hulle hulle eie mense moet word, maar as daar altyd ‘n goeie verhouding was, bly dit gewoonlik so.

      • Kokkewiet sê:

        Dit is so waar, daar sal altyd die ‘swartskape’ wees.
        Ek stem heeltemal saam dat ‘n goeie verhouding al baie vroeg begin.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s