Boeke

As ’n huisgebonde ou mens, lees ek nogal baie om, soos my ma altyd gesê het, die tyd te verkort. Tot my groot teleurstelling het ek ’n paar boeke gelees wat my nogal ontstel het. Omdat ek baie lief is vir lees en besluit het om van ons jonger skrywers se boeke te probeer, het ek in die biblioteek gesoek na wat ek gedink het vir my ’n nuwe wereld sou oopmaak. Dit het inderdaad my oë oopgemaak en ek het besluit dat dit regtig nie vir my enige behoefte vervul het nie. Groot was my verbasing dat ’n mens oor seks en die erotiese dinge so begeesterd kan raak om ’n hele boek daaraan te wy. Dus skrap ek sommer die besonderse skrywer se naam en neem my voor om nooit ooit weer een van sy boeke onder oë te neem nie.

Dit het my laat wonder: kyk elke man na ’n vrou net om die lyflike raak te sien nie? Ek ys as dink dat die boek gelees kan word deur alle ouderdomsgroepe. Ek sou nie graag dat my jong dogter sulke boeke lees nie. Gee dit nie ’n verkeerde idee van wat verhoudings behels nie? Natuurlik verstaan ek dat seks deel is van die lewe en ’n verwysing of twee daarna in die boek is aanvaarbaar, maar nie seks van begin tot end nie. Gelukkig is daar darem skrywers wat vir ons ouer geslag baie ure se vermaak kan verskaf.

Vir my beteken lees ’n storie wat darem pit het en jou geboei hou vir die tyd wat jy daaraan bestee. Ek hou veral daarvan as jy die boek nie kan neersit voordat jy die einde gelees het nie. Vir my is ’n lekker storie een wat jou laat wens dat die boek dikker moes wees want dit lees so maklik en die storie is interessant. Nog beter, as jy jou kan verbeel dat jy deel van die storie is.

Ek sou graag meer van ons jonger skrywers se boeke wou uitprobeer en nie almal oor die selfde kam wou skeer nie. Ek lees graag Afrikaanse boeke en ongelukkig het ons nie ’n baie groot keuse nie, omdat ons in ’n Engelse omgewing bly. Om boeke te koop is ook nie vir ’n pensionaris haalbaar nie. Hier by ons mag die ouer geslag so tien boeke per maand uitneem, wat nogal lekker is want jy is nie gebonde om elke twee weke die biblioteek te besoek nie. So wil mens graag boeke uitneem wat jou geboei hou vir daardie tydperk veral as jy nie baie mobiel is nie.

Baie sterkte aan die skrywer wat nog dink alles draai nie net om seks nie, maar wat die vermoë het om jou gedagtes te lei op paaie waar jy net van kan droom en jou verbeel jy is die heldin in die verhaal. Ek onthou vroeër het ek vriendinne gehad wat hulleself kon besig hou met die lees van hulle Mills en Boon boeke en nooit genoeg daarvan kon kry nie. Dit kon ek nooit doen nie; vir my moet ’n boek ’n geloofbare storie hê. Miskien is ek te outyds en nie with it nie.

This entry was posted in Afrikaanse taal, Boeke and tagged , . Bookmark the permalink.

4 Responses to Boeke

  1. seegogga sê:

    ‘n Ouma wat luister na die Heuwels Fantasties en die Parlatones is baie with it.

    • klippie sê:

      Ek probeer belangstelling toon in elke kleinkind se tydverdrywe. My kleindogter hou my op hoogte van al die nuwe musiek, maar haar gunsteling is Jax Panik.

  2. Jy moet oorweeg om ‘n Kindle te kry?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s