Ver verlange

As jy kon weghardloop van jou omstandighede af, waarnatoe sal jy wou gaan? Ek weet mens kan nie weghardloop van jou verantwoordelikhede en gedagtes nie. Dit gaan waar jy jou ook al wend, maar net so in die verbeelding. Sou jy jou wou wend tot ’n wilde inkopietog of sommer net wou verdwyn waar nie een sou weet waar jy is nie?

Kinders het menige ma al laat hoop hulle kon maar net verdwyn en wegkom van die ewige geneul oor hoe boetie of sussie hulle lewe vergal. Die altyd verwag van ma om te weet waar hulle hulle goed neergesit het en hoekom die ding nou nie meer daar is nie. Die alewige vraery: “Ma wat eet ons?”, en “Wat kan ek doen, want ek is nou so verveeld.” Dan kom die man by die huis en vra jou wat jy die hele dag met jouself aangevang het, so al of jy niks gehad het om te doen nie. Vergeet dat jy kinders heen en weer moet karwei tussen skool, sport en musieklesse. Die paaie waaraan gewerk word en jy moet stop, ry en agter ’n klomp karre moet staan en wag. Hoeveel tyd word so gemors? In die tussentyd is ma se gedagtes alweer besig om te dink wat die huismense vanaand sal eet. Dan is daar ook kinders wat nog huiswerk moet doen en take vir môre moet indien. Nee wat, ek het baie simpatie met die hedendaagse tuisblyma.

As ek kon wegkom van my eie omstandighede sou ek graag myself weer wou help. Reg om in die pad te val en te kuier op plekke waar ek nog nooit was nie. Nie oorsee nie maar ons eie land waarvan jy op die TV die mooiste landskappe kan bewonder. Omdat ons in ons jong dae baie gereis het kan ek herinneringe oproep, maar dit is nie dieselfde nie; ek wil graag nog ervaar van tye lank reeds verby. Ek sou graag weer die sand tussen my tone en die swem in die see ervaar. Die kilometers stap al langs die see met die sandkorrels wat jou piets op jou kaal bene. Nou kan ek net verlangend toekyk hoe die jongeres hulleself kan geniet.

Ek verlang ook terug toe ons nog twee was en met mekaar die rustigheid langs die watergat waar die diere hulle dors kom les en die leeuma wat haar welpies dophou waar hulle speel, kon deel. Nou kan ek maar net in my gedagtes weghardloop en my verbeel dat ek nog kan doen wat ek die graagste gedoen het. Nou is brille en pille my bestem en is rondreis iets van die verlede. Maar mens kan steeds droom, kan mens nie?

This entry was posted in Drome, Leefstyl and tagged , , , . Bookmark the permalink.

5 Responses to Ver verlange

  1. MaanKind sê:

    Die voorreg is dat mens eintlik op enige iets kan terugkyk.

  2. seegogga sê:

    Die weghardloop na die verlede is soms makliker as die bly in die hede. Dank Vader vir mooi herinneringe.
    As ek nou kon weg- waarheen sal dit wees? Ek het soms ‘n groot drang om onder die bed te gaan wegkruip! Of diep in ‘n skulp soos ‘n allekruk.

    • klippie sê:

      Partykeer voel mens mos of jy sommer net kan gaan lê en ‘n kombers oor jou kop trek, amper soos ‘n volstruis, wanneer dinge bietjies te veel word.

  3. seegogga sê:

    Ja, maar ons moenie, ne! ‘n Mens moet jouself pamperlang, en iets lekkers doen om bietjie te troos, al is dit ook net ‘n lekker koppie tee of ‘n lang bad, en dan weer die lewe vierkantig in die gesig kyk en hom terugdruk! Ons kan mos nie dat die melankolie oor ons baasspeel nie!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s