Kenia-nuus

Die kinders is terug van hulle besoek aan Kenia en het vir my ’n paar koerante van daar saam gebring. Wat was my verbasing groot toe ek lees dat dit daar maar ook dieselfde is.

Politiek hou nie vir my ’n groot aantrekkingskrag in nie en daarom lees ek ook nie graag daaroor nie. So het ek maar net daardeur geblaai en die hoofopskrifte gelees. Toe kon ek verder lees van wat hulle rubriekskrywers opdis.

Daar is klagtes oor vrouens wat op Facebook versot is en nie hulle huishoudelike pligte vervul nie. Daar word ook gesê dat die egskeidingsyfer te wyte is aan vrouens wat aan Facebook verslaaf is. Daarom vra mans nou eers of die meisie met wie hy wil trou ’n Facebook-aanhanger is. Indien wel, trou hy nie met haar nie want dit bring net onenigheid. Aan die ander kant is die vrou wat beweer dat haar man sê hy is besig met werk en dan is hy doenig met sy Facebook-vriendinne. So lyk dit vir my dit bly maar ’n turksvy aloor die wêreld.

Rassisme wat jy dink geld nie in ’n Afrikastaat nie, tot dit is n kwessie. Bewerings dat hotelle, veral aan die kusstrook waar die meer uitgelese hotelle en restaurante geleë is, nie alleenlopende swart vroue nie toelaat nie omdat hulle miskien prostitute kan wees. Alleenlopende wit vroue word egter wel toegelaat. Die eienaars is swart maar tog word die sekuriteitsbeamptes aangesê wie hulle moet toelaat en wie nie. Selfs dienste word aan swart besoekers geweier. Daar word ook beweer dat sommige skole swembadgeriewe net vir Asiate reserveer.

Die skrywer sê wat nogal baie opvallend is hoe swart reisigers by die Keniaanse lughawe behandel word. Daar word agteroorgebuig om die wit reisiger welkom te heet, maar die swart reisiger moet by die vertreklokaal eers al sy dokumente wys. Dit word blykbaar nie van ’n blanke verwag nie. Wittes word glo met die grootste glimlagte verwelkom. (My dogter sê dis nonsens; hulle moes ook eers al hulle dokumente wys voor hulle kon ingaan. Daarby is haar man van kop tot tone ondersoek met die ingaan.) Sy bewering is dat Afrika sy eie inboorlinge baie sleg behandel. Volgens hom: “The worst place to be an African is in Africa itself.”

Begrafnisse is ’n baie groot gebeurtenis in enige swart huishouding en daar word baie tyd en geld aan die reëlings bestee. Die skrywer beweer dat die familie van die dooie meer omgee vir wat die begrafnis vir hulle beeld as familie gaan beteken as wat hulle vir die dooie omgegee het. Veral as dit ’n man van statuur was en boonop van die platteland. Mens moet ook verkieslik etniese drag na die begrafnis dra en baie mooi woorde uiter oor wat so ’n persoon vir sy naastes beteken het. Eetgoed moet volop wees en die kis natuurlik van die allerbeste. Hoe die mense agterna sukkel om kop bo water te hou is maar ’n bysaak.

Dit was vir my nogal regtig interessant om die koerant te lees en te besef dat hulle selfs in ’n plek soos Kenia sukkel met dieselfde probleme as ons en boonop het ons gedink ons tref dit net hier by ons aan.

This entry was posted in Gewoontes, Reise and tagged , , , . Bookmark the permalink.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s