Die vere maak die voël

Dit is vir my nogal bemoedigend om te sien dat ons vrouens nou meer vroulik aantrek. Rompe en rokke is weer terug en dit is vir baie mans nogal ’n groot verbetering op die ewige broekdraery. Letterlik en figuurlik. Ek self is skuldig aan die gemak wat ek glo mens met die dra van ’n broek in plaas van ’n rok het, veral as jy rystoel gebonde is.

Ek onthou die dae toe my pa gesê het dat vrouens nie langbroek mag dra nie; nou is dit ’n aardigheid as ’n vrou nie in jeans of ’n langbroek geklee is nie, so algemeen het dit geword. Toe was kantoordrag ’n potloodromp of ’n kuise pakkie en kantoordragkodes het nog gegeld. In die meeste kantore bestaan daar nie meer so iets dat jou kleredrag bepaal word nie. Jy dra waarin jy gemaklik voel, ongelukkig dat van die jongeres se kleresmaak nie altyd voldoen aan wat betaamlik is nie. Jeans is algemeen aanvaarbaar maar partykeer is die bloesie of toppie nie baie geskik vir kantoordrag nie. Die halslyn is te gewaagd of die toppie te styfspannend. Praat jy daaroor of laat jy maar ooglopend toe dat die meisiekinders aantrek wat hulle wil?

Die nuwe neiging om meer vroulik aan te trek is vir my baie bemoedigend en veral vleiend op die oog. Wat is nou mooier as ’n vrou met ’n rok wat perfek pas en ’n paar mooi skoene wat die uitrusting afrond? Die wegstap van ’n vrou wat so mooi aangetrek is, bly maar ’n lus vir die oog.

Ek praat nou nie van die minirompies wat so kort is dat die meisiekind nie behoorlik kan sit nie, dit is weer die ander uiterste. Dan verkies ek maar liewer jeans wat darem die nodige bedek want party meisies het nog nie geleer hoe om mooi te sit nie. Party vrouens lyk ook nie mooi in ’n langbroek nie want die heupe en maag laat nie die broek op sy beste vertoon nie.

So het elkeen maar ’n stryd met wat gepas is, broek of rok. Met die winter in aantog gaan die langbroek weer die stryd wen want dit is darem warmer as ’n rok of romp.

Baie van ons jongere geslag het geen rokke of romp in hulle kaste nie. Langbroeke en kortbroeke ja, want hulle het groot geword met dit as algemene kleredrag. Eens op ’n tyd was dit ook weliswaar moeilik om rokke in klerewinkels te bekom maar nou is daar weer rokke te kus en te keur. Ek hoop nou net dit is nie net ’n verbygaande gier en die rokdraery net ’n fase nie.

This entry was posted in Gewoontes, Leefstyl and tagged , , , . Bookmark the permalink.

8 Responses to Die vere maak die voël

  1. Ek onthou toe ek begin skool hou het. Jy het nooit ‘n langbroek skool toe gedra, maar later darem langbroekpakke. Sug… maar die ewige sykouse maak my nou nog naar.

  2. Toortsie sê:

    Vroulikheid by vrouens is en bly maar mooi!

  3. klippie sê:

    Dis nes jy daar sê.

  4. murphy sê:

    In my werk dra ek meestal broek, omdat ek nie weet wat die dag vir my inhou nie, en of ek dalk in ‘n township oor slote gaan moet spring nie. Ek is nou die dag mielielande in met plakkies, so wat van uitgeploegde duwwetjies het ek in my lewe nog nie gevoel nie, ek moes maar uithou en aanhou foto’s neem!

  5. Ek herinner my aan ‘n onderwyser (baie streng) wat eendag vir ons vertel het as hy ‘n dogter in die skool was, het hy geweier om ‘n skoolrok te dra.

    Ek besit een of twee rompe, maar dra meestal broeke. Dit is oor die algemeen meer formeel as ‘n rok vir kantoor drag.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s