Afrika-tyd

Ons hoor baie van sus of so aard darem baie na haar of sy pa, baiekeer tot ergenis van die een wat getipeer word. Of hulle kwaad word of nie, let maar op hoe hulle reageer.

Ek is iemand wat haastig iets gedoen wil hê en as die persoon wat my moet help te stadig is, voel dit vir my al asof ek maar moes stilgebly het en dit self gedoen het. Net soos my ma: Kry klaar, moet asseblief nie so draai nie. Toe ek nog jonger was, was dit vir my nie so belangrik nie, maar hoe ouer ek word hoe haastiger word ek. Natuurlik tot ergenis van die persoon wat die taak moet verrig.

Hier in ons geweste gebeur dit keer op keer dat wanneer jy ’n persoon nodig het om iets te herstel, hy soos harmansdrup is.

Ek het nou al gewonder of die mense wat ’n eie besigheid bedryf regtig ernstig is oor werk. Jy bel om ’n kwotasie te kry vir herstelwerk of jy wil ’n kamer verbreek, en hulle belowe hand en mond om te kom sodra daar tyd is. Hulle kom meet die kamer, bespreek wat jy gedoen wil hê en dit is laaste sien van die blik kantien. Ons wag nou al ’n maand dat die persoon moet terugkom met die kwotasie.

Mense sê, ondersteun jou plaaslike besighede, wat ons ook graag wil doen, maar die resultate is nie altyd wat jy verwag nie. Dan gaan jy maar na die volgende opsie en dan ly nog meer plaaslike besighede daaronder.

Stiptelikheid is vir baie van vandag se kinders net ’n woord. Vir my is dit vreemd wanneer iemand sê hy sien jou so laat en daag nie op nie. Eers ’n uur of wat later kom hy dan hier aan, skoon verbaas as jy sê die afspraak was al ’n uur vroeër.

Verkeersophopings is nou ’n handige verskoning want dit is partykeer ’n regte nagmerrie met al die gewerkery aan paaie en vragmotors wat bots of breek. In baie gevalle lyk dit egter nie vir my of dit mense baie pla nie want die verskoning ons val maar in met Afrika-tyd word geredelik gehoor.

Omdat ek grootgeword het met ’n pa en man wat liewers ’n halfuur vroeg was as vyf minute laat, is dit vir my nogal moeilik om in te val met al die nuwe dinge. Kyk maar na die gesukkel om die kinders betyds reg te kry vir skool of kerk. Ons het altyd met ouma gespot as sy al ’n uur voor rytyd reggesit het met haar handsakkie; nou lag hulle vir my omdat ek dieselfde doen.

This entry was posted in Gewoontes and tagged , , . Bookmark the permalink.

8 Responses to Afrika-tyd

  1. Roer sê:

    Hierdie ding is ‘n siekte, hoor. Ek bly saam met iemand wat ‘n kroniese leier is. Kronies se^ ek jou.😉

  2. groenwyn sê:

    Die probleem is respek. Of liewer, die gebrek daaraan. Vir hulleself en vir ander.

  3. Ek moet erken, ek is dikwels laat, maar dan tog in elk geval vroeg. Op ‘n tyd het ek gemik vir 15 minute vroeg, maar nadat ek ‘n keer of wat moes wag vir ‘n halfuur later (van die bestemde tyd), het ek besluit ek mors my tyd nie so nie. Nou mik ek vir die presiese tyd en basta met die res.

  4. Flenters sê:

    Afrika se manier met tyd geld ook vir ander goed in die lewe soos beginsels en versekerings en beloftes

  5. seegogga sê:

    Ek sal liewer niks se nie- ek stap op die laaste oomblik die kerk binne, soms maak ek dit, soms nie.

  6. TANYA sê:

    JA X WAS MAAR IN TYE LAAT,DAN NOEM MY VRIENDINE MY N “SLAK”,OMDAT I SLAK STADIG IS MET GOED.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s