Aartjie na sy vaartjie

Ek weet dat almal van ons op ’n tydstip gesê het dat ons nie dieselfde sal optree as ons ma of pa nie. Dan kom jy op ’n dag agter dat daardie selfde ding wat jou so geïrriteer het ook deel van jou optrede geword het. My raad aan julle is, wees maar versigtig wat jy sê want vorentoe gaan daardie gewoontetjie ook joune word, al wil jy dit nie glo nie.

Een ding het ek darem nie geërf nie en dit is my ma se bygelowigheid. Vir ons as kinders was dit baie snaaks as sy sout net op ’n sekere manier aangegee het, konsuis om onenigheid tussen persone te vermy.

Daar was so baie dingetjies wat sy op haar eie manier gedoen het maar sover het ek nog nie opgelet dat van ons kinders al daardie gewoontes van haar nadoen nie. Sy kon baie dinge sê op ’n manier eie aan haar. So het sy ’n persoon ’n naam gegee wat nie eens naastenby sy eie was nie. Dit het ek oorgeërf want ek kan die simpelste dinge sê wat my kinders dan sê: “Ma aard so reg na ouma.”

So kan ons nie ontken dat daar tog waarheid in die spreekwoord “Aartjie na sy vaartjie” steek nie. Dus moet julle maar bedag wees daarop dat almal op een of ander tyd net soos sy of haar ma of pa dinge gaan doen of sê.

This entry was posted in Familie, Gewoontes and tagged , . Bookmark the permalink.

8 Responses to Aartjie na sy vaartjie

  1. Ja dis waar… ek stap elke aand en het al gedink ek dink ek lyk nes my pa… hou nie van die son in mens se oë nie

  2. dirkiedoep sê:

    Ek grawe al my Ma se ou sêgoed uit en dit raak so lekker om dit te gebruik….
    wens net ek het die wag voor die mond ge-erf.

  3. MaanKind sê:

    Ek wil nie my doodwerk soos my ma nie, maar ek doen dit, net ander goed, maar ek doen.

  4. Toortsie sê:

    Soms kan ‘n mens iets wat jou ma of pa doen, so verpes dat jy besluit om dit NIE te doen nie. Dan gooi jy weer die appelkar na die ander kant toe om, want in jou poging om dit NIE te doen nie, is jy NET SO ERG!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s