Pienk, pienk, pienk

Hoe voel dit om jou Blou Bul span in pienk te sien speel? Vir my was dit nou nie een van die mooiste gesigte om te aanskou nie. Die pienk hemde sou nie so erg gewees as die hele uitrusting nie pienk was nie. Selfs die kouse was pienk. Dit was baie erg en belaglik.

 Hoekom hulle besluit het om so ’n spektakel van ons Blou Bulle te maak, gaan my verstand te bowe. Al die grappe wat nou gemaak word oor hulle moet ook seker ’n invloed he op hulle spel. As jy die kommentaar lees wat in die koerante verskyn kan jy nie anders as om hulle jammer te kry nie.

Ek mis nie gewoonlik die uitsending van die rugby as die Blou Bulle speel nie, maar hierdie wedstryd kon ek nie hanteer nie. Dit was vir my regtig nie lekker om te kyk na die manne in pienk nie, en ek het sommer net na halftyd besluit om nie meer die spektakel gade te slaan nie.

Van die dinge wat gesê was in die koerant is: die Pink Panthers het verloor of hulle lyk soos Tele Tubbies wat losgelaat was op ’n rugbyveld. Ander het gesê dat hulle te selfbewus was oor hulle uitrustings om hulle beste te lewer.

Wat ook al die kommentaar was, ek moet ruiterlik erken dat dit regtig nie vir my van pas gelyk het nie. Ek sou eerder wou hê dat hulle maar by die ou uniform gehou het. Wie ookal besluit het dat dit tyd is vir verandering, moes dit nie so drasties gemaak het nie. Ek dink dat dit regtig ’n groot skok vir party van ons stoere aanhangers was. Soos ek sê, my lus om te kyk was sommer gou in die kiem gesmoor. Nou sal mense sê dat nie almal soos ek dink nie want verandering is so goed soos ’n vakansie.

Een ding is seker, daar is baie gepraat en gespot oor die pienk uitrustings. As hulle dit beoog het om raakgesien te word, het hulle goed daarin geslaag maar die oorgrote meerderheid wens maar ons kon bly by die ou uitrusting, selfs vir die weg wedstryde. Andersins kan hulle van die pienk broek en kouse ontslae raak en die hemp maar pienk hou as dit moet. Groot manne en pienk uitrustings pas nie bymekaar nie.

Party mense het selfs rympies geskryf oor die Pienk Spektakels. Dit is maar goed dat smaak verskil; wat nie vir my van pas is nie, is dalk vir ander net die regte ding.

This entry was posted in Sport and tagged , , , . Bookmark the permalink.

4 Responses to Pienk, pienk, pienk

  1. Plasie sê:

    Ek stem met jou heelhartig saam.
    ‘n Rugbyspeler is ‘n professionele persoon en ek glo hy moet dus so behandel word. Om hom soos ‘n hanswors aan te trek is in my opinie vernederend en hoort glad nie by ‘n professionele sportsoort nie.

  2. As dit oor die borskaner ding gaan kon hulle ‘n pienk strikkie dra. Die is klomp geld in die water gegooi!

  3. Ek was en sal nooit ‘n Bul aanhanger wees nie – juis omdat ek Stormers/WP skree. Maar . . . ek sien dit as ‘n gulde geleentheid vir die bulle. Ek sou net uitgegaan het op die siening ware manlikheid nie afvee wanneer pienk gedra word nie. Manlikheid gaan tog oor selfvertroue en as een nie huiwer oor ‘n kleur nie, beteken dit sy manlikheid is in hom.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s