Vrydag, die dertiende

Het julle ook bygelowe oor die Vrydag die dertiende? Vir my is dit maar net nog ’n dag en wat gebeur is kan nie aan datums toegeskryf word nie. So glo die Spanjaarde glo dat Dinsdag die dertiende vir hulle ’n ongeluksdag is.
Wat sal ’n swart kat nou ’n invloed op ’n dag he? As jy onderdeur ’n leer loop, is dit mos ’n keuse wat jyself maak. Dertien is maar net n getal vir my. As jy self toelaat dat bygelowe vir jou belangrik is en dit vir jou ’n probleem is om uit die bed op te staan, soek jy dalk maar net ’n rede om bietjie in te lê.
Omdat ek groot geword het met ’n ma wat verskriklik baie bygelowe gehad het, het die bygelowe vir my niks beteken nie. Die goed waaraan sy geglo het, het vir my bewys dat dit die stories niks werd was. Ons het altyd met groot belangstelling gekyk  wat gaan realiseer en wat nie. Want as die wasvadoekie geval het, het ma altyd gesê dat ons maar die koffiewater kan opsit, die gaste gaan nou-nou arriveer. Partykeer het dit so uitgewerk, maar het dit werklik gebeur omdat die vadoek geval het of sou hulle buitendien opgedaag het?
Ek kan onthou dat as daar ’n mes geval het, het ma geglo daar sou ’n man opdaag en ’n vurk het ’n vroulike gas aangedui. So kan ek baie dinge onthou wat ma opgedis het. Maar al waarin ons jonges belang gestel het, was of daar ’n moontlikheid was van ’n aantreklike jongman wat oor jou pad gaan kom. Veral as ons geweet het dat daar weer ’n danspartytjie gaan wees. Die grootste uitsien na die dans was om nie ’n muurblom te wees nie en te dans tot die hane kraai. Jy wou graag die volgende dag kon spog dat jy nie een dans uitgesit het nie. Ai, ’n mens se waardes verander darem met die tyd. Nou  besef jy dat toe jy jonk was jy maar net plainweg op jouself ingestel was.
Maar, nou ja, wat Vrydag die dertiende aanbetref: Whatever will be, will be is nou my motto.
This entry was posted in Bygelowe and tagged , , . Bookmark the permalink.

4 Responses to Vrydag, die dertiende

  1. dirkiedoep sê:

    Ek het nog nie gehoor van die vadoek val ene nie….. al bygeloof wat ek het …. as my rug so pyn dat ek wraggies die skroewe voel pyn , dan weet ek vog in die lug of reen of koue oppad !! Weet nou nie dalk het ek maar net nog ‘n skroef nodig !! Ha Ha !!

  2. Ek vier vandag ‘n tweede Goeie Vrydag so ek doen in elk geval niks! … Nee wat sulke goed pla my nie.

  3. Nee wat, ek is nie bygelowig nie. My ma het altyd vertel dat ‘n meisie wat op ‘n tafel of kombuistoonbank sit nooit ‘n man sal kry nie. Sy het ‘n bietjie gejok.🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s