Skinderstories

’n Skinderstorie versprei darem soos ’n veldbrand. Voor jy jou kom kry, het mense wat kilometers ver van jou af bly al die ditse of datse storie gehoor. Wie blameer jy? Is dit een van die huisgenote wat dit op Facebook uitbasuin het? Of dalk die selfoon wat so byderhand is?

Miskien is dit ’n storie wat jy nie graag met vreemdelinge of familielede wou deel nie; iets wat vir jou nogal ’n sensitiewe storie is en iets wat jy nie graag wou uitblaker nie. Kort voor lank kom die storie uit dat almal weet van die blaps wat jy gemaak het.

Deesdae kan jy nie meer dink dat nie almal kennis dra van die skande wat jou oorgekom het nie. Wat van die keer toe jy ’n lekkeruik kers op die waterbak in die toilet laat staan het en dit in ’n fiasco ontaard het. Op ’n manier het iets verkeerd gegaan en het dit in ’n brand ontaard. Kleindogter het gedink dit was ’n goeie storie vir haar Facebook-kennisse met foto’s van die swartgebrande toiletmuur en al. Kort voor lank het almal geweet en kon ons nie voorbly met bekommerde mense wat wou weet of ek dan skelm rook en sodoende die toilet aan die brand gesteek het nie. Ek wou graag die storie geheim hou en die skade herstel voordat my dogter terug sou wees van haar oorsese vakansie, maar, nee, as gevolg van die Facebook-berig het veral my kinders en kleinkinders dringend probeer uitvind of alles oukei was. Die geheim was nie meer ’n geheim nie. Die man wat toe inderhaas moes kom om die skade te herstel, lag nog steeds vir my oor daardie storie.

As jy nou ’n bietjie hard party hou moet jy weet dat mense ver van jou gou sal hoor van al die lawwighede wat jy aangevang het: hoeveel jy gedrink het, met hoeveel meisies jy geflankeer het, al is baie stories aangedik. My raad aan jou is: bly aan die veilige kant en doen niks wat uit verband geruk kan word nie. Want stories, onwaar of waar, is nie meer veilig nie. Stories met stertjies sal wel iewers vertel word. Ek self was al gekonfronteer met ’n storie waarvan ek gedink het niemand iets weet nie.

Wat my baie interesseer is die stertjies wat aan ’n storie gekoppel word. Baie hartseer is ook al veroorsaak deur ’n storie wat ontbloot was van alle waarheid. Die spreekwoord wat sê, ’n stil bek is ’n heel bek, is baie waar. Moenie iets vertel waarvoor jy nie self die waarheid kan waarborg nie. Niks is meer geheim nie want daarvoor sorg die sosiale netwerke. Wat jy eet en selfs wat jy dink is nie meer geheim nie. Soos my kleindogter ewe gevat gesê het: Your secret is safe with me . . . and Facebook.

This entry was posted in Familie, Gewoontes, Mense en hul dinge and tagged , , . Bookmark the permalink.

6 Responses to Skinderstories

  1. doulien sê:

    Ek hou van jou Kleindogter… die jongelinge verstom my – skerp soos ‘n minorablade !!

  2. MaanKind sê:

    Wys maar net, wat viir jou ‘n skande is, is vir kleinkind ‘n grap, en vir jou kind ‘n kommer. So kyk ons almal verskillend na dinge.

  3. Daar is geen wegkruipplek in die wêreld meer vir mense wat van hulle privaatheid hou nie – sê hierdie ene wat blog en facebook onder haar eie naam!

  4. Jy moet darem erken dat goeie stories en versoeke om hulp ook baie reaksie uitlok. Mense is nog goed dink ek – hoop ek!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s