Herfs

Herfstyd. Die mooiste tyd met al die boomblare in verskillende skakerings.

Hier by ons is dit natuurlik nie opvallend nie want dit is altyd groen. Baie bome is in volle blom met pienk, pers, wit en geel blomme; ’n lus vir die oog so ver as wat jy ry. Met die paasvakansie kon besoekers van die ander streke hulle verkyk aan die pragtige gesig van die blommende bome. Vir ons wat hier bly is dit ’n teken dat die ergste hitte iets van die verlede is. Nou kan ons tot laat saans buite op die patio sit en die geur van die blomme inasem.

In ander streke raak die bome nou van hulle somerprag ontslae. Blare wat grond toe dwarrel met elke windvlagie. Rooi, bruin, geel; ’n tapyt van blare. Ai, wat ’n gesig.

Dink nou net aan die wingerde wat so in hulle herfsdrag getooi is. So ver as wat jy kyk is dit iets wat jy nie anders kan as om dit op ’n film te verewig nie. Jy is so dankbaar dat jy die voorreg het om dit nog te ervaar en jou foto’s aan almal wat kom kuier te wys.

In ander streke vorm die gras wat meeste van die tyd groen is, nou ’n sterk kontras met die verskillende kleure van die bome wat verkleur wat dit nog mooier laat lyk. Dit is nie vir my snaaks dat mense liries kan raak oor die kleureprag nie.

Herfs met sy koeler dae maak mens gretig om buite te wees om die skoon blou lug ten volle te benut en dit is ideale weer vir ’n vakansie. Wie wil nou binnenshuis wees as dit so lyk?

Ek weet baie stem seker nie saam oor my beheptheid met die heerlike weer hierdie tyd van die jaar nie, maar gelukkig is ons nie almal eenders nie. Somer is vir party mense weer die lekkerste seisoen, maar vir my was hierdie somer ’n bietjie erg. Die hitte was ’n straf as jy aan hittegloede ly.

Geniet die tydjie wat nou hier is want die koue kom. Dan wil jy nie eers jou kop by die deur uitsteek nie.

This entry was posted in Herfs, Natuur and tagged , , . Bookmark the permalink.

One Response to Herfs

  1. Ek hou ook van die herfs…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s