Tieners en hul dinge

Die artikel wat in een van ons tydskrifte verskyn het oor die gedrag van tieners, het my nogal baie ontstel. Ek weet dit is nie deur die bank van toepassing op tieners nie maar dit gebeur wel en daarom sluk ons ouer garde maar moeilik aan die gedrag. Miskien was dit in ons dae taboe om van dinge te weet soos orale seks en net die idee daarvan my met afgryse vervul het. Nou kan die jonges vir my vertel wat dit is, en kan ek nog nie glo dat dit vir hulle soos algemene kennis is nie.

Drank en die eksperimenteer met dwelms was nie in ons dae toegelaat nie. Skelm dampies was wel agter die buitekamer geslaan, maar ’n gekuier in ’n meisie se slaapkamer was ongehoord.

Een van die meisie spog oor haar sakgeld van R1 000 per week en dit het my laat wonder waarop sy al daardie geld spandeer. Is dit ’n wonder dat kinders na hulle daardie storie gelees het op ’n groter bedrag sakgeld begin aandring? Geld was nooit by ons so volop dat ’n kind buitensporige sakgeld kon kry nie. Selfs op universiteit moes hulle maar klaarkom met ’n skamele bedraggie. Dink net daaraan dat sommige gesinne nie eens daardie geld het wat sy op onbenullige dinge blaas om op kos te spandeer nie. Mense sê dis die ouers wat fouteer en nie die kinders nie want hulle voorsien die kinders van geld om drank, dagga en klere van die nuutste modes aan te skaf.

Onlangse navorsing oor tieners het baie dinge onthul. Byvoorbeeld, gegoede kinders wat al hoe meer terapie moet ontvang. Daar word gepraat oor seksorgies wat ons oueres met verwondering vervul. Hoe word kinders toegelaat om sulke byeenkomste by te woon sonder dat die ouers daarvan weet?

Ek hoor dat van die maats vir wie hulle veronderstel is om te gaan kuier se ouers hulle van ’n alibi voorsien. Ouers dink hulle kind is veilig by sy maat maar intussen besoek hulle ’n nagklub of klub waar daar drank voorsien word ongeag of hulle minderjarig is. Baie van die kinders het nie ’n ID-boekie nie maar wys wel ’n beëedigde verklaring dat hulle agtien is en word sodoende in die nagklub toegelaat.

Regtig ’n storie wat jou laat dink. Is daar nog onskuldige kinders?

This entry was posted in Familie, Tieners and tagged , , . Bookmark the permalink.

7 Responses to Tieners en hul dinge

  1. Ek onthou toe ek net-net begin werk het, was daar kinders wie se maandelikse sakgeld meer as my salaris is. En ek het boonop ‘n graad gehad.

    Ek het nogal ‘n verskeidenheid vriende, van hulle is regtig wild. Die sogenaamde “skokfeite” oor tieners is selfs vir hulle skokkend. Ek dink oor die algemeen is dit nie aanvaarbaar nie.

    Ek was ‘n paar jaar terug op skool. Ek het in matriek eers gehoor dat daar iets soos ‘n blowjob is en eers jare later besef wat presies dit is.

    Ek dink egter wel dat daar nog onskuldige tieners is – waarskynlik meer as waarop daar gehoop word.

    • klippie sê:

      Wel, ek voel nou bietjie beter. Maar vroeër jare het ek baie min met Engels te doen gehad en ek het gedink die woord blou job het iets te doen met mense wat verf

  2. Flenters sê:

    Miskien klink dit oudedoserig, maar as integriteit eers verkrummel het, stort baie waardes ineen.

  3. Ek hoop ook van harte almal is nie so nie.

  4. Toortsie sê:

    Ek kan met sekerheid in my hart sê dat daar beslis nog tieners is wat grootgemaak word volgens sterk en goeie waardes, en wat dit nastreef. Ek ken baie van hulle!!
    En ja, daar is ook ander….
    En dan is daar mos nog die sê: Jy kry nie probleem kinders nie, net probleem ouers….. of dit 100% waar is weet ek nie, maar ek glo daar lê ‘n groot antwoord in ouers wat grense stel, en hulle kinders liefhet, en BETROKKE is by hulle!

  5. Elna sê:

    Ek tuisskool onderrig is die antwoord – dan word kinders nie aan al die gemors blootgestel nie en dit is tyd dat meer moeders maar moet tuis bly en besef dat kinders meer werd is as geld….mens kan as dit vir jou belangrik genoeg is.

  6. Elna sê:

    Ek dink tuisskool onderrig is die antwoord – dan word kinders nie aan al die gemors blootgestel nie en dit is tyd dat meer moeders maar moet tuis bly en besef dat kinders meer werd is as geld….mens kan as dit vir jou belangrik genoeg is.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s