Eer jou vader en jou moeder

Wat veroorsaak dat kinders hulle ouers verwerp of verkleineer? Is dit die manier waarop kinders van kleins af geleer word dat om terug te praat of selfs te slaan aan ’n ouer nie verkeerd is nie? Ouers dink dit is snaaks as ’n kleintjie ’n antwoord het vir alles wat hulle sê of doen. Partykeer selfs lag vir sy antwoord, dan dink meneertjie hy kan mos maar altyd so optree want hulle dink hy is snaaks. Later wens die ouers net hy wil ’n bietjie ophou met daardie kwinkslae van hom wat nou nie meer so snaaks is nie.
Na aanleiding van ’n saampraat oor die radio luister ek na die ouers wat kla oor die gedrag van hulle volwasse kinders. Dan wonder mens waar het dinge dan verkeerd geloop? Jy het jou kind na die beste van jou vermoë probeer opvoed en leiding gee soos wat jy opgevoed is. Daardie dae was dit iets ongehoord dat kinders hulle hande sou lig vir ’n ouer. Rebels was hulle maar pa het die roede nog toegepas. Toe was dit nie teen die wet om ’n paar rapse toe te dien nie.
Die inbellers praat van hulle volwasse kinders van oor die twintig en dertig wat hulle lewe so ontwrig. Volgens my behoort kinders teen daardie tyd al oor hulle rebelse stadium te wees want die ouderdom is besig om hulle ook in te haal. Omdat ek in ’n omgewing groot geword het waar jou ouer se woord wet was kan ek my nie in ’n situasie indink soos dié nie. Daar is situasies waar die ouer se gesondheid vinnig agteruitgaan maar selfs dit verhoed die kind nie om sy ouer uit te buit nie, so asof dit nog altyd die ouer se verantwoordelikheid is om te voorsien in die kind se behoeftes.
Ek weet ons almal redeneer dat ouers hulle kinders deur dik en dun moet bystaan en toegewings moet maak want bloed is mos dikker as water. Ongelukkig het ons nie almal die geld en vermoë om onbepaald te voorsien in kinders se behoeftes nie.
Omdat kinders nou op ’n baie hoër ouderdom uit die huis gaan om vir hulle self te voorsien, laat die ouers hulle toe om verniet te bly, wasgoed word gedoen en kos word voorsien. Hulle het nou baie meer geld tot hulle beskikking om te jol. Wie sal nou nee dankie sê vir so ’n luilekker leefstyl? Kinders trou ook nie meer so jonk soos in ons dae nie, intussen loseer hulle lekker by die ouers, bring in baie gevalle die meisie ook saam om in te trek. So word sy brood aan albei kante gebotter. In baie gevalle lig die saamblyers nie ’n vinger om te help met huistakies nie. Dis ma se baba.
Ja, sal baie mense sê, hoekom laat jy dit toe? As jy jou uitgee vir ’n toffie weet jy mos jy sal gekou word. Ek hoop net wanneer die tyd aanbreek dat jy moet verhuis na ’n ouetehuis, hulle sal onthou van al jou opofferings.

This entry was posted in Familie, Kinders. Bookmark the permalink.

6 Responses to Eer jou vader en jou moeder

  1. dirkiedoep sê:

    Skeef geglimlag oor die Eer jou Vader en Moeder…toe my Ma seniel begin raak en soms verstommende uitlatings begin maak het , het ek menige dag in die huis kliphard ten hemele geroep “Eer jou Vader en Moeder !!’
    Jou blog geniet.

    • klippie sê:

      Natuurlik is daar omstandighede wat dit moeilik maak vir die verskillende geslagte om oor die weg te kom. Dinge word gekompliseer wanneer ouers siek word of soos jy sê seniel raak. Ek praat ook nie eens van ouers wat hulle kinders mishandel nie.

  2. Ek glo elke mens het sy eie lewe om te leef en met wedersydse respek kan almal ‘n plekkie kry.

  3. seegogga sê:

    moeilie een. ek glo dit het baie te doen met etiese waardes, wat van jongs af vasgele moet word. Verantwoordelikheid en ‘n Christelike waardestelsel.

  4. Flenters sê:

    Ek ervaar die teendeel.

  5. Ek dink die kinders wat as volwassenes op hulle ouers kan parasiteer is eerder die uitsondering as die reël. En dit is meer diegene wie se sakgeld meer as ‘n goeie begin salaris is, wat steeds “sakgeld” kry wanneer hulle begin werk.

    Die meeste mense sal frons wanneer iemand al goed in die 20’s by die ouerhuis bly. Die algemene reël is om so vinnig as moontlik uit te trek. En die mense wat ek ken (dus 20’s en 30’s) doen dit gewoonlik op hulle eie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s