Herrangskik van meubels

In my getroude lewe was ek nooit toegelaat om meubels rond te skuiwe nie. Manlief het geglo dat waaraan hy gewoond was so moes bly. Ek kon net wegskuif om skoon te maak maar die meubels weer net rangskik soos dit oorspronklik was anders was hy baie ongelukkig. Hy het altyd gesê dat hy nie in die nag oor ’n stoel wou struikel wat die vorige dag op ’n ander plek gestaan het en nou ewe skielik van posisie verander het nie. Dit was een van die min dinge waaroor ons verskil het. Gelukkig het ons baie rondgetrek en kon ek op ’n manier van die eenvormige meubel rangskikking ontsnap.

Dit het my altyd laat wonder hoekom party mense amper op ’n kompulsiewe wyse nie van die verandering van meubels hou nie. Voel hulle veiliger as dinge bly soos waaraan hulle gewoond is? Daar was nie ander dinge wat hom gepla het nie; ek moes net nie met die meubels peuter nie.

Soos ek gesê het, was ons baie verplaas en dit was vir my lekker om op ’n ander plek weer nes te skop en nuwe vriende te ontmoet. Die lewe was soveel anders as die stadsopset, en het ons meer tyd as gesin saam geniet. Ousus was ongelukkig toe al op universiteit in ’n koshuis maar die seuns het dit so geniet om middae na skool lang ente op hulle fietse rond te ry, en met die buurkinders te baljaar.

Een nadeel van so ’n verplasing was dat mens skaars gewoond was aan jou bure dan kom die brief dat jy weer op ’n ander plek moet gaan nesskop. Vir my was dit lekker maar ek het die seuns nogal jammer gekry, want nou moes hulle weer van skool verander. Partykeer was die verplasing na ’n ander provinsie waar die leerplan heeltemal van die vorige provinsie verskil het. Hulle moes nuwe maats maak en gewoond word aan nuwe klimaatsomstandighede. Waar ons eers gebly het, was dit een van die warmste plekke in die land en nou moes ons na ’n plek wat bedags baie warm is maar snags baie koud. Vreemde huis, vreemde bure, maar baie nuuskierig hoe dit daar lyk. Gaan ons gelukkig wees?

Kort voor lank moes Ouboet weermag toe en het die jongste een oorgebly om by die nuwe omstandighede aan te pas. Gelukkig maak hy gou vriende en het die verandering sommer vlot verloop.

As jy nou vir hulle vra wat vir hulle lekker was wanneer ons so rondverplaas was, sê hulle gewoonlik die feit dat ons nie meer nodig gehad het om so min tyd as familie deur te bring as toe ons in die stad gebly het nie. Daar was dit net altyd ’n gejaag om nie in die verkeer vasgevang te word nie. Klipman moes die meeste van sy werkstyd oortyd werk en tyd saam met die gesin was maar skaars. Nou het pa loopafstand van die kantoor af gebly en kon hy selfs middae by die huis eet.

Ons het selfs ’n draai gemaak in die destydse Suidwes Afrika. Dit was een van my gunsteling plekke, al was dit in oorlogstyd. Nou sê ek natuurlik ek het baie getrek op Regeringskoste en baie tyd gehad om my meubels te herrangskik.

This entry was posted in Familie, Huislewe, Reise. Bookmark the permalink.

4 Responses to Herrangskik van meubels

  1. Flenters sê:

    Jy praat ‘n bekende taal – stukkende meubels, kinderts in uiteenlopende versameling skole, die noodsaak van herhaalde nuwe vriendskappe smee………

    Sò bekend

  2. Toortsie sê:

    Ek het ‘n vriendin wie ook nie haar meubels verander nie, of eerder die rangskikking daarvan nie. Toe sy getrek het, het sy STEEDS dieselfde meubels bymekaar gerangskik, in dieselfde vertrek. Nou ja, sekere goed hoort bymekaar, soos die eetkamerstel, maar daar is tog meubels wat ek nou in hierdie vertrek het en dalk later in ‘n ander, soos die behoeftes verskil. Tog bly meubels ook maar in ons huis eintlik maar dieselfde, tot een dag wat ek groot skuif kry…

  3. MaanKind sê:

    Klippie, waar is jy?

  4. seegogga sê:

    ek kan nie te veel omgee vir meubels nie – ek sien dit nie eintlik raak nie, loop mert oogklappe en dank aan ander goed…. Ek wil ook weet waar is jy, Klippie, Lanklaas van jou gehoor!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s