Hier’s ek weer!

Hier’s ek weer
hier’s ek weer
met my rooi rok voor jou deur.

Ek hoop julle sal my terugverwelkom na my lang afwesigheid. Maar enigeen van julle wat met ’n ou mens te doen het, sal weet dat mens nie lank vooruit kan beplan nie. Nes jy dink jy het oor ’n hekkie gespring, is daar ’n watersloot voor jou wat jy moet oor.  So sukkel ek maar van een hindernis na die ander.

In die Bybel praat Paulus van ’n wedloop wat ons moet klaarmaak. Ek besef nou eers dat hoe ouer mens word, hoe meer van ’n hindernisresies word die lewe – ’n regte obstacle course. As die pyne in die bene beter is, is daar hospitalisasie vir een of ander siekte wat die dokters nie kan verklaar nie. Skaars is dit oor, of die arms word te styf om te gebruik.

Maar, soos my ma altyd gesê het, die genade van die Here het my uitgespaar en ek voel weer lus vir die lewe – pyne en al. Ek verlang selfs weer terug na my blog. In my aftyd het ek baie daaraan gedink, maar nie die krag gehad om te skryf nie. Nou moet julle net keer, ek is terug in al my glorie!

This entry was posted in Depressie, Dokters, Skete en pyne and tagged , , . Bookmark the permalink.

8 Responses to Hier’s ek weer!

  1. MaanKind sê:

    WELKOM terug! Ek was so bekommerd oor jou!
    XXX

  2. Flenters sê:

    Welkom terug. Ek het begin dink jy het gedros…..

  3. seegogga sê:

    Liewe Klippie, Welkom terug. Ek het jou gemis! Bly jy is beter!

  4. Kobie sê:

    Welkom terug! Lekker skryf en hoop goeie gesondheid is al wat voorle

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s