Ongebruikte woorde

Hoeveel mense ken die woord “pollevink”? Dit is ’n woord wat sommer maklik oor mens se tong rol en mooi klink op die oor. Deesdae hoor mens dit maar min, net die ouer garde gebruik dit nog. In my kinderdae was dit algemeen gebruik wanneer ’n jong man en meisie vir die aand uitgegaan het. Seker dieselfde as wat julle deesdae  “kafoefel” sou noem.

Ek het so bietjie rondgevra, en meeste mense ken die uitdrukking “by die opsitkers” wat ook maar dieselfde beteken. Dan is daar ook, so hoor ek, die uitdrukking “perd vasmaak”. Dit verwys seker na die tyd toe jong mans nog met perde gery het en dan by die meisie se huis die perd moes vasmaak.

Party mense sal hierdie woorde seker verouderd noem, maar ek dink eerder daaraan as “ongebruik”.

This entry was posted in Afrikaanse taal, Woorde and tagged , , , . Bookmark the permalink.

One Response to Ongebruikte woorde

  1. Pingback: Woorde en uitdrukkings | Klip in die bos

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s