Padkos

Veral wanneer mens ouer word, dink jy terug na die verlede en, gelukkig, onthou jy al die goeie dinge. Jy weet van die slegte goed, maar dis asof dit net ’n bysaak is. So is die  kortverhaalbundel, Padkos uit Toeka, geskryf deur Koot Steenkamp, wat ek nou die dag in die biblioteek raakgeloop het.

Vir my was dit of die skrywer my teruggevoer het na die dae lank reeds verby. Ek het heimwee ervaar na ’n verlede wat ongelukkig soos water onder die brug nooit weer teruggewens kan word nie.

Die skrywer verwoord dinge wat ek self ondervind het, en laat my daarna terugkyk op ’n nuwe manier. Dis asof ek my eie belewenisse deur sy oë ervaar. Sy stories is soos ’n wegneemete, iets wat jy soos padkos kan eet oral langs jou lewenspad. Dit was heerlike leesstof, plat op die grond en sonder enige pretensie.

This entry was posted in Afrikaanse taal, Boeke and tagged , . Bookmark the permalink.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s