Dankbaarheid

Is mense ooit tevrede met hulle lot? So baie keer hoor mens hoe mense God verwyt omdat hulle dink hulle het die lootjie getrek om die meeste probleme op aarde te hê.

Sondagaande kyk ek na die kerkprogram op Kyknet. Hierdie Sondag was daar ’n insetsel na die program wat my laat besef het dat meeste van ons meer geseënd is as wat ons dink en dat ons maklik met die witbrood onder die arm kla. Op die program was daar ’n ma met twee kinders: een is serebraal gebore en die ander is na ’n motorongeluk verlam. Sy het dringend geld nodig om rystoele vir haar twee kinders te koop.

Vir haar was daar gelukkig ’n ligpuntjie aan die einde van die tonnel: die Round Table het aan hulle ’n donasie van R20 000 gegee. Maar steeds het ek gewonder: wat doen die ma anders as om na die kinders om te sien? Het sy hulp? Kla sy ook soos ons wanneer dinge nie honderd persent reg verloop nie?

Daar en dan het ek besluit om my seëninge te tel; ek het immers al 80 winters agter die rug en nog steeds is daar elke dag iets waarvoor ek dankbaar kan wees. Nou moet ek net bietjie van die pyne en skete vergeet!

This entry was posted in Depressie, Gestremdheid, Oudword and tagged , , , , . Bookmark the permalink.

2 Responses to Dankbaarheid

  1. MaanKind sê:

    As ek om my kyk in my onmiddellike omgewing, verwelkom ek sommer my pyne en skete! Want dit hou my nederig…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s