Belonings

Die sportsterre van die jaar is nou die dag aangekondig. Ek het gedink dat dit goed is om die uitblinkers te beloon, maar tog gewonder of hulle nie kleiner bedrae aan die wenners kon toeken nie. Baie van hulle is al ryklik beloon vir hulle prestasies by die Olimpiese Spele.

Toe wonder ek: wat van die outjie wat altyd sy bes probeer maar net nie daardie een sekonde kan verbeter aan sy eie rekord sodat hy (of sy) ook ’n eerste prys kan wen nie. Daardie sterre wat nie wen nie, kom nie in aanmerking vir ’n fraksie van daardie geld nie.

Van skooldae af word ’n sportuitblinker gemerk vir ’n universiteitsbeurs, val die universiteite oor mekaar om hom baie spesiaal te laat voel, al is hy akademies nie juis ’n presteerder nie. Vanaf hoërskooldae word hy gekoop met beurse, motors en ander voorregte wat die gewone outjie op skool nie eens aan kan dink nie.

Die arme student wat akademies uitblink voel soms afgeskeep en wonder hoekom hy so hard werk. Vir hom wag daar nie enige beurs nie, wat nog te sê van ’n geldelike beloning, al het hy in al sy matriekvakke A-simbole. Sommige het selfs 10 A’s. En baie van hulle is nie net akademies gerig nie, hulle werk ook op kulturele en gemeenskapsvlak hard om hulleself te bewys. Vir die akademiese uitblinkers is daar die jaarlikse prysuitdeling waar hulle meestal wisseltrofeë wen. Maar anders as wat hulle name daarop aangebring word, moet hulle die trofeë sommer dadelik weer aan die skool teruggee.

Miskien is dit ook maar suurdruiwe aan my kant, want nie een van my kleinkinders, ondanks sewe onderskeidings, is al ooit ’n beurs aangebied nie.

This entry was posted in Drome, Familie, Mense en hul dinge and tagged , , , , . Bookmark the permalink.

3 Responses to Belonings

  1. MaanKind sê:

    Ja-nee, die lewe is nie regverdig nie…

  2. seegogga sê:

    ek wonder ook altyd waarom akademiese uitblinkers minder beloning as sportsterre kry. Dis tog immers hulle wat die aarde bewaar, verbeter en reel? maar sportsterre verskaf vermaak.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s