Rain, rain go away

Ai, hier by ons in Natal het dit nou al vir weke aanmekaar gereën. Boonop is die mis so dig soggens dat mens dit met ’n mes kan sny. Dit is so erg dat iemand nou die ander dag aan my gesê het dat hy ’n vreemde verskynsel in die lug waargeneem het. Nuuskierig soos altyd, vra ek toe of hy uitgevind het wat die verklaring vir die verskynsel was. Hy het droogweg geantwoord dat dit toe al die tyd die son was.

Dit is nou al November en ons het tot dusver nog al die tyd met winterklere geloop. My kleindogter kla en wonder wanneer sy gaan kans kry om haar nuwe somerklere aan te trek.

Al die reën het gesorg vir allerhande probleme: die dak lek op alle moontlike en onmoontlike plekke. Daarby het die tuimeldroër ook net besluit genoeg is genoeg en sommer opgehou werk. Geen herstelwerk gaan die ding weer aan die gang kry nie. Toe moes ons maar maniere probeer uitvind om die wasgoed droog te kry. Jong mense het mos geen saak met watter plan ma vorendag gaan kom nie, net solank hulle skoon klere het om aan te trek.

Dit is darem gelukkig dat jong ma’s deesdae weggooidoeke kan gebruik, anders weet ek nie hoe hulle hierdie laaste twee maande in Natal sou oorleef het nie.

Aan die ander kant, terwyl ons so kla oor al die reën, is dit kurkdroog in die Vrystaat en sit die boere met die hande in die hare. Ons wens natuurlik dat ons van ons reën aan hulle kan stuur.

Vanoggend skyn die son helder, maar ek sien al weer die wolkies begin saampak. Ek wonder of dit vanmiddag weer gaan reën soos nou die dag toe die son ook geskyn het. Ek het nie goeie moed nie, want my blommetjies wat reën voorspel is nog die heeltyd oop en boonop roep die Pietmyvrou nog die heeltyd na sy maat. Nee wat, dit lyk my ons moet ons maar regmaak vir nog ’n bui reën.

This entry was posted in Uncategorized and tagged , , , . Bookmark the permalink.

3 Responses to Rain, rain go away

  1. MaanKind sê:

    Alles is deesdae vreemd aan die weer! In elke provinsie op ‘n ander manier

  2. Slakkelak sê:

    By ons klink dit of dit baie reen, maar dis elke keer net stofnat

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s