Spreekwoorde

Môrestond het goud in die mond, het my ma ons altyd herinner as ons gekla het wanneer dit tyd was om op te staan. Laat slaap was nie in haar woordeskat nie – tot die dag van haar dood was sy elke oggend ses uur reg om die dag binne te gaan.

Al moes geleenthede benut word, het sy ons altyd gemaan dat tussen die vurk en die mond die pap op die grond val. Ons moes ook nie dinge vooruitloop nie, nie die rieme sny voordat die bees geslag is nie. Want wie het nog nooit teleurgestel gevoel as hulle planne nie tot vrug kom nie? Daarom het sy altyd gesê dat ons moes wag totdat ons seker was dat ons ons planne tot uitvoer kon bring.

Vir my ma het alles wat my pa aan haar opgedis het soos ’n paal bo water gestaan. Niks wat hy gesê het, kon ooit in twyfel getrek word nie.

Daarby het my ma ook geglo dat mens nie ou koeie uit die sloot moes opgrawe nie: wat verby is, was immers verby. Jy verwys nie weer daarna nie, al is jy ook hoe kwaad vir jou man of vrou of vriend. Ook moes jy nie met klippe gooi nie, want die kanse was goed dat jyself in ’n glashuis gebly het. Niemand van ons is immers sonder foute of sonde nie: ons almal moet een of ander tyd vergewe word.

Wanneer jy mismoedig was omdat iemand jou te na gekom het, het sy ons altyd getroos met die woorde: boontjie kry sy loontjie. As jy gevoel het asof jy altyd aan die agterspeen suig, het sy jou getroos dat die een wat laaste lag, altyd die lekkerste lag. Al het dit vir jou op daardie oomblik gevoel asof daar glad nooit weer ’n goue rand om die donker wolk sal verskyn nie.

This entry was posted in Afrikaanse taal, Familie, Herinneringe and tagged , , , , , . Bookmark the permalink.

One Response to Spreekwoorde

  1. MaanKind sê:

    Was haar waarde ver bo die van korale?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s