Kosbare kinders

Jou kosbaarste besitting wat eintlik maar net aan jou geleen is, is maar jou kinders. Elke fase wat hulle deurgaan bly vir jou besonders vanaf die eerste skreeu wat hulle gee.

Die dag toe my eersteling gebore was het ek gedink dat ek die eerste vrou was wat aan so ’n wonderwerkie geboorte kon gee. Gelukkig vir my was sy ’n modelbaba, nie te veeleisend nie. Pa het gekoer oor sy dogter en kon nie genoeg kry van die ou kleintjie wat so skattig is nie. Die eerste keer wat sy begin sit, kruip en haar eerste treetjies gegee het, was, wat ons aanbetref, alles wonderlik. Sy was baie bedrywig en het oral rondgehardloop en haar nefie wat ’n paar maande ouer was as sy was altyd bymekaar en het allerhande kattekwaad aangevang.

Omdat sy so ’n maklike baba was het ons gedink dat ’n tweede baba net so maklik sal wees. Ons was gou ontnugter toe meneertjie ’n koliekbaba was. Net mooi die teenoorgestelde van sussie. Huil en nogmaals huil was ons voorland, Ek kan met eerlikheid sê dit was nie maklik met die koliekoutjie nie. Niks maar net mooi niks het gehelp om die huilery stop te sit nie. Oumagroot se boererate het ook geen hond haaraf gemaak nie. Op daardie stadium het ek hom geborsvoed en uit pure moedeloosheid het ek besluit om maar bottelvoeding te probeer. Dit werk toe soos ’n bom en weg is die skreeuery. Ons kon hom uiteindelik begin geniet. Hy het ok saam met sy sussie die wêreld rondom hom begin verken.

Toe kom daar nog ’n seun. Hy was baie maklik in vergelyking met die koliekbaba: nie baie veeleisend nie en tevrede met alles, veral die aandag wat die twee ouer kinders aan hom gegee het.

Gou-gou moes ek leer dat die drie elkeen ander belangstellings gehad het. Sussie was nie ’n spelerige kind nie; altyd besig met boeke. Die twee seuns was altyd besig om in die sand te speel om paaie maak vir hulle dinky toys of om modder aan te maak om huise te bou. Maar later het die ouer een meer in die veld begin rondloop op soek na goggas, voëls en ander gediertes.

Met die terugkyk besek ek die kleuterdae het net te gou verby gegaan. Gelukkig kon ons elke stap van die kinders se ontwikkeling vanaf geboorte beleef. Daar was die melktande wat gewissel is en my man wat tandfeetjie was en pennies in skoene gesit het in ruil van die getrekte tande.

Toe die skooldae aanbreek, was ons as ouers skielik dom want juffrou het mos alles geweet.  Maar voordat ons ons oë kon uitvee, was dit tyd vir die kinders om hoërskool toe te gaan en het die tyd vir kalwerliefde aangebreek. Harte is gebreek en pa en ma moes maar saam deur die oppe en affe van die verhoudings. Die kinders se hartseer en blydskap is mos soos jou eie.

Kort voor lank is al drie getroud en is ons kleinkinders gebore. Dit was nog meer spesiaal as my eie kinders se geboorte. Ek vereenselwig my met Frank Schaeffer wat sy kleindogter, Amanda, vir die eerste keer gesien het toe sy drie maande oud was. Dit is hoe hy die ontmoeting beskryf:

“Jessica placed my granddaughter in my arms, a light little bundle, a sweet-smelling package, so light. …

I looked into Amanda’s face and she looked back at me with clear brown eyes, and they were the same almond shape, exactly the same shape as (my wife’s), when she was eighteen, the evening I first saw her. And this new love was the strongest I’d ever felt, ever, like nothing else I have experienced. The peace that ‘passes understanding’ seeped from Amanda to me.”

In my geval is daar al agterkleinkinders en die jongste is skaars drie weke oud. En elke keer is daar die oorvloedige liefde wat mens nie kan beskryf nie. Ek sê maar net dankie dat ek die voorreg gehad het om my kinders se lewens te deel: al die lief en leed wat ons met elkeen van hulle meegemaak het was dubbeld en dwars die moeite werd, En met Gods genade het ons die moeilike tye ook oorleef.

This entry was posted in Familie, Herinneringe, Kinders and tagged , , . Bookmark the permalink.

6 Responses to Kosbare kinders

  1. MaanKind sê:

    Klippie! Waar was jy so lank? EK dink steeds elke keer aan jou as ek ‘n reënboog sien.

    • klippie sê:

      Vroeër die jaar het ek deur ‘n erge siekbed gegaan. Ek begin nou weer stadigaan die dinge doen waarvan ek hou, maar ek beplan net vir een dag op ‘n keer.

  2. d1rki3 sê:

    Bly om weer vir Klippie te sien en te lees …

  3. seegogga sê:

    Ai, regtig bly om weer van jou te hoor, Klippie! Bly dit gaaqn nou beter!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s