Karkrieket

Ek het die gewoonte om nommerplaat nommers van karre wat rondom ons ry te tel en volgens my ’n soort poker speletjie te speel. Iets soos “two of a kind” of “full house”. So kan ek myself vir kilometres vermaak. Of andersins tel ek die getalle bymekaar of kyk ek of dit op mekaar volg soos 1, 2, 3. My man het geglo dat ’n mens nie moet gesels wanneer jy bestuur nie want dan is jou aandag nie op die pad nie, toe het ek maar vir myself die nommerspeletjies uitgedink instede daarvan om te babbel. Nou ry ek maar min rond maar ek het nie die gewoonte verleer om my pokerspeletjie te speel nie.

Die kleinkinders speel weer krieket met die verskillende make van karre, daar sal ek nie mee saam kan speel nie want alle karre lyk deesdae vir my dieselfde. Mercedes Benz ses lopies, BMW vier lopies, bakkies een lopie. Iets in daardie lyn maar hoe dit presies werk weet ek nie. Toe ons kinders nog klein was was dit maar my oog sien iets wat begin met ’n “m” of so iets. Dan moes hulle raai of die voorwerp binne of buite die kar is. Dit het vir baie pret gesorg toe hulle jonger was maar hoe ouer hulle geword het, hoe meer was hulle net reg om te kla of te baklei. Al wat hulle altyd wou weet hoe ver nog, of wanneer kan ons stop by ’n vulstasie waar daar ’n toilet is?

 Deesdae is dit natuurlik baie makliker met die kinders en hulle selfone of elektroniese speletjies. Wat hulle sien van die natuurskoon wat by hulle verbyflits is vir hulle nie meer belangrik nie, tensy daar ’n ontluikende fotograaf tussen hulle is, want dan kan die storie verander.

Kouende kake en ’n koeldrank of twee hou hulle ook darem vir n rukkie rustiger. Vir my bly dit ’n wonder dat ’n ma of pa help om die rustelose kindertjies vir myle aaneen besig te hou sonder dat die bestuurder deur die dak wil klim oor die kinders se streke en kermry. Gelukkig is daar vir die kleiner kinders wat nie selfoonvaardig is nie tablette waarop hulle dvd’s kan kyk. Dankie tog ook vir vulstasies waar kinders ’n bietjie kan rondhardloop om van hulle oortollige energie ontslae te raak.

This entry was posted in Gewoontes, Kinders, Kinderspeletjies and tagged , . Bookmark the permalink.

One Response to Karkrieket

  1. d1rki3 sê:

    Daardie advertensie met die kindjie op agtersitplek en roomys wat so tjoef op die sitplek val…. dit gee my blouapie stuipe… doen ouers dit regtig om vir hul kinders roomyshorinkies te gee, om hul rustig te hou!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s