As die skoen jou pas

Party vrouens kan nie by ’n skoenwinkel verbyloop nie. Vir hulle is dit soos ’n magneet, hulle moet doodeenvoudig in om die nuutste mode skoene aan te pas. Daar is soveel kleure, hakhoogtes en vorms wat dit vir die vrou onmoontlik maak om ’n besluit te neem. Al is daar in haar kas alreeds verskeie pare skoene kan sy nogtans nie die versoeking weerstaan om nog ’n paar aan te skaf nie. Sy moet net besluit of dit ’n paar hoë polfye of ’n paar plat skoene moet wees. Vir my voel dit, terwyl ek sit en toekyk hoe sy die skoene so een-een aanpas, dat sy maar enigeen kan kies want sy het mooi voete. Ongelukkig is haar voete nogal nou wat dit onmoontlik maak om die eerste die beste paar te koop want sommiges is vers te wyd. Nou moet dit na ’n volgende skoenwinkel. Die hele proses van pas word van vooraf herhaal.

Ek verkyk my aan al die skoene, vir elke geleentheid en uitrusting is daar te kus en te keur. Hoëhak skoene lyk so mooi en laat ’n vrou elegant voel en by die regte uitrusting kan mens nie help om te kyk as sy verby jou stap nie. Daarom dink ek dat skoenvervaardigers weet dat hulle ware baie gesog is en dat hulle op die punte van hulle tone moet bly met die nuutste modes. Ek moet erken dat ek ook graag ’n skoenfobie sou wou gehad het maar in ons tyd was geld altyd ’n kwessie en was daar net skoene gekoop vir om by alle okkassies te pas.

Nou kyk ek met verlangende oë na al die verskillende skoene: sportskoene, stewels, skoene met verskillende hakgroottes en -hoogtes, skerp of ronde punte. Buitendien het ek nou ’n probleem met my voete en kan ek glad nie eens kyk na al die pragtige skoene nie. Gesondheidskoene is darem niks vir die oog nie. So beny ek maar die vrou wat nie by ’n skoenwinkel kan verbyloop nie.

Ek dink nou nie aan die Marcos vrou wat duisende pare skoene gehad het en daarvoor gekritiseer was nie. Ek is seker daarvan dat daar vrouens is wat probeer om soveel pare skoene bymekaar te maak. Ek wonder altyd waar hulle al daardie pare skoene bêre.

This entry was posted in Gewoontes, Inkopies and tagged , , . Bookmark the permalink.

2 Responses to As die skoen jou pas

  1. seegogga sê:

    Daardie bere van die skoene is altyd ‘n probleem, of joy nou min het of baie! Ek wens ek kon ‘n kas he net vir skoene. Maar selfs dan sou hulle dalk nog onder die bed beland!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s