Aanvaarding

Ek lees uit Solly Ozrovech se dagstukkies en stem saam: Here, ek is baie maal maar soos Thomas wat eers wil voel en sien. Ek wil so graag die onsienlike glo en seker wees van dit wat ek hoop. Sodat ek eerlik kan bely.

Ek wil so graag volkome en met sterfbed-eerlikheid kan sê dat ek my dierbares onselfsugtig liefhet sodat versoening ‘n heerlike werklikheid word.

Want ek skop so teen die prikkels en maak my kinders ongelukkig omdat ek nie kan berus in die feit dat ek moet laat los nie. Vir my was dit ‘n traumatiese gebeurtenis om af te skaal na ‘n ouetehuis weens ‘n terugslag in my gesondheid. Vir my was dit amper ongelooflik dat alles eensklaps so drasties kon verander. Is ek dan die enigste persoon wat voel of dit onregverdig is?

Ek wil graag nie selfsugtig klink of dat ek myself bejammer nie en ek weet dis vir my eie beswil, maar die verlange na ‘n huislike atmosfeer, die interaksie met die kinders en die gesprekke brand in my hart.

Daarom is my gebed in hierdie dag dat die Here my sal lei tot volkome aanvaarding en begrip.

This entry was posted in Depressie, Familie, Gestremdheid, Huislewe and tagged . Bookmark the permalink.

3 Responses to Aanvaarding

  1. MaanKind sê:

    Ek stuur ‘n reënboog om reg rondom jou te vou om te help met die aanvaarding. Koester jouself in die sagte kleure.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s