My bedmaat

Een dag, terwyl ek besig was om blokkiesraaisels te doen, hoor ek in die agtergrond op Tjailatyd ‘n onbekende boereraat. Daar is mense wat beweer dat as jou bene pyn of as jy rustelose bene het wat jou nagrus versteur, jy ‘n aartappel saam met jou in die bed moet sit. Pyne verdwyn glo en die rustelose bene raak stil.

Ek luister met die een oor en betwyfel die raat ten sterkste. Maar een aand wil niks vir die pyn in die bene help nie: nie die warmwaterbottel, die Remedy Blue, die massering van die versorger of die pynpille nie. Radeloos en moeg dink ek toe dit kan geen skade doen om saam met ‘n aartappel te slaap nie. Die versorger bring ‘n aartappel vir my en, wraggies en ongelooflik, daardie nag slaap ek toe sonder onderbreking.

Nou is Arrie Aartappel elke aand my bedmaat. Ek kan nou nie sê of dit sielkundig is of nie, maar  ek het ‘n aand of twee vergeet om Arrie saam te vat bed toe en ek kon die verskil die volgende dag voel. Van toe af het Arrie ‘n ereplek voor die bed sodat ek nie weer kan vergeet nie.

Probeer dit gerus want volgens sommige luisteraars van Tjailatyd slaap hulle met soveel as vier aartappels en het dit die gewenste uitwerking: geen pyn of rustelose bene nie.

This entry was posted in Bygelowe, Gewoontes, Raad en daad and tagged . Bookmark the permalink.

4 Responses to My bedmaat

  1. pienkvolla sê:

    Wel, baie mense volstaan by hierdie raad! Who knows? As dit vir jou werk, hoekom nie?

  2. Toortsie sê:

    Ek het ‘n simpel rug. Wat elke 4 of 5 dae in spasma is. Met my 3 aartappels in my bed, en ek hou dit sommer bedags ook in my bed, kry ek nog spasma, maar eers na 10 dae! Ek hou die aartappels altyd in my bed, aartappels hou mos van donkerte?

    http://toortsie.wordpress.com/2013/01/07/aartappelmoertjie/

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s