Net ’n blokkie heerlikheid

Dit lyk my dis deesdae die norm om ’n sjokolis te wees, iemand wat daagliks ten minste ’n blokkie sjokolade eet. Maar wat my verstand te bowe gaan, is dat sommige mense nie kan glo dat ek eerder iets anders as sjokolade eet nie; hulle dink ek is ietwat laf. En dan noem hulle al die soorte sjokolade wat hulle die meeste van hou: as dit nie Belgiese sjokolade is nie, is dit Lindt, en ek moet in detail na die beskrywing daarvan luister. Nooit wil hulle na my beskrywing luister van dit waarna ek dag vir dag smag nie: karameltoffies.

Jy kan my in die nag wakker maak met ’n blokkie van die heerlikheid. Die lus vir daardie outydse blokkies kom al van kindsdae af met my saam. Dit was ook my pa se gunsteling en omdat hy my held was, bring elke blokkie ’n herinnering van hom saam. Van ek en my pa wat op die agterstoep in die oggendson sit en gedagtes (en toffies) deel, of wanneer ons saam met die familie onder die groot boom in die voortuin braai en na my pa se stories luister.

My dogter het natuurlik die taak om vir my te soek na hierdie spesiale blokkies – wat blykbaar deesdae moeilik op te spoor is. Nie vir my die toffies toegedraai in sellofaan nie, nee, dit moet die spesifieke blokkies wees wat jy een vir een van die groot blok afbreek. En vir my wat boeke as van my beste vriende beskou, is daar niks lekkerder as om met ’n goeie boek en ’n toffie in die kies te ontspan nie.

This entry was posted in Gewoontes and tagged , , . Bookmark the permalink.

One Response to Net ’n blokkie heerlikheid

  1. MaanKind sê:

    My ma en ekself eet ook karameltoffies pleks van sjokolade.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s