Lees jy?

Op RSG het hulle nou die dag die bewering gemaak dat baie min van die radioluisteraars nog boeke lees. Iemand het beweer dat slegs ’n klein persentasie van gegradueerdes nog lees en ’n boekwinkel besoek. Die stelling is ook gemaak dat boekverkope die hoogte ingeskiet het met die uitgee van die boek, Fifty shades of Grey. Of dit waar is, weet ek nie want ek het nie self die boek gelees nie en daar is definitief te min tyd op aarde oor vir my om nog plek te maak vir daardie boek op my boekrak.

Wat ek wel kan sê, is dat daar in my familie regtig nie iets bestaan soos mense wat nie lees nie. Ek vertel graag die staaltjie van toe my kleindogter so 9 jaar oud was en ’n maatjie by haar gekuier het, die maatjie nie kon verstaan dat sy eerder die tyd in ’n boekwinkel wou spandeer as om te gaan fliek nie. Omtrent my hele familie is boekverslaafd en daarom is daar geen probleem om verjaarsdag- en Kersgeskenke te koop nie. As jy nie weet nie, daar is wel ’n boek wat hulle op hulle wenslysie gesit het. My dogter loop heeldag met haar Kindle in haar handsak, net vir ingeval daar ’n oomblik is om verder te lees aan die menigte boeke wat sy nog graag wil lees.

Ons gesin se lekkerste uitstappie is na een of ander boekwinkel. Al kan ek nie meer self boekwinkel toe gaan nie, bring my kinders gereeld vir my ’n stapeltjie nuwe boeke. Wat ruik nou lekkerder as ’n nuwe boek?

Enigiets wat leesbaar is word deur my verslind: tydskrifte, koerante, boeke, uitknipsels en al die blogs wat my op datum hou met wat in ander mense se lewens aan die gang is.

So, is jy ook een van die wat graag met ’n boek ontspan?

This entry was posted in Boeke and tagged , . Bookmark the permalink.

3 Responses to Lees jy?

  1. d1rki3 sê:

    Lees bly ‘n fees… ek ondervind net deesdae dat my oë begin swaartrek.

    • klippie sê:

      Baie mense ondervind dat hulle met ‘n e-leser weer lekker kan lees want mens kan die lettergrootte verander om by jou sig te pas. Maar vir my bly die vashou van ‘n regte boek maar die lekkerste.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s