Raap en skraap

Deesdae is dit nie meer snaaks om te hoor van mense wat moet raap en skraap om die pot aan die kook te hou nie. As mens na die radio luister of nuus in die media volg, val dit jou op van die skoliere wat soms net een keer per dag eet. Maar dan is daar ook die teenkant: van die mense wat groente en vrugte koop en dit nie gebruik nie, sodat dit later in die vullissakke gegooi moet word omdat dit nie meer bruikbaar is nie.

In ons jong dae was geld ook maar skaars maar as daar te veel groente of vrugte was, is dit na iets toe verwerk: konfyt, ingelegde of gedroogde perskes en kwepers, koejawelrolle en natuurlik, biltong. Later van tyd het ons ook graag oormaat groente gevries.

Manlief het geglo dat tuinwerk die beste medisyne is om spanning te verwerk. Hy het gespit en kompos ingewerk. Daarom was daar nooit ’n tekort aan groente by die ete nie: tamaties, groenbone, spinasie, wortels, noem maar op was altyd beskikbaar. As die spasie bietjie beperk was, het hy ’n plan gemaak. Waar ons in ’n eenheid met ’n sakdoekgrootte tuintjie gebly het, het hy hidroponie beoefen. Daar was altyd iets vars om te geniet. En as daar te min tyd was om die oormaat groente te verwerk, het manlief die kruiwa vol groente tot by die hek gestoot met ’n bordjie wat enigeen uitnooi om daarvan te neem.

Ek het gehoor van mense wat groentetuintjies oral in stede aanlê. Miskien moet meer skole tuine maak sodat skoliere en hulle ouers gereeld ook vars groente kan eet.

This entry was posted in Herinneringe and tagged , , , , . Bookmark the permalink.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s