Om ’n uiltjie te knip

Vir ons as kinders was die uitdrukking “uiltjie knip” baie snaaks maar niemand het ons vertel waar dit vandaan gekom het nie. Nou lees ek in my boek van spreekwoorde deur Anton Prinsloo dat die uitdrukking ’n samesmelting is van die Nederlands “een uiltje knappen/vangen” en Gronings “een vlinder knippen”. Die uil is natuurlik gekies omdat dit vir kort rukkies slaap.

So was die gewoonte dat die ou mense, Sondagmiddag na ete, waar die tafel soos gewoonlik onder die kos gekreun het, ’n uiltjie gaan knip het. Bewaar jou siel as daar ’n geraas uit die kombuis sou kom want ons kinders moes natuurlik die kombuis opruim.

Ons het so vining en stil as moontlik gewerk want ons het alreeds voor ete beplan om stilletjies weg te sluip spruit toe. Daar kon ons uiting gee aan ons skeppingsdrang: die meisies het van die klei beeldjies van mense gemaak terwyl die seuns hulle beeskuddes aangevul het. Sodra die beeldjies klaar gemaak is, moes dit eers uitdroog. En terwyl die beeldjies drooggeword het, het ons elkeen gemaak wat ons wou. Iemand het in die water geplas, ’n ander het op die sand geteken, maar kort voor lank het die seuns die meisies met die klei begin betakel. Ons moes natuurlik die klei so skoon as moontlik afwas, want anders was ons buitendien in die sop.

Die spruit-toe-ganery was aspres beplan sodat ons die koffiemaak na die ou mense opgestaan het, kon ontduik. Maar kort voor lank moes ons in elk geval huis toe gaan, want die koppies was almal vuil en moes gewas word. Gewoonlik het ons ook kuiergaste ontvang op ’n Sondagmiddag wat beteken het dat die koppies moes skoon vir die huismense se tweede koppie koffie en die kuiergaste se eerste. Ons het maar net onderlangs gebrom maar was moes ons was.

This entry was posted in Herinneringe and tagged , , , . Bookmark the permalink.

4 Responses to Om ’n uiltjie te knip

  1. Toortsie sê:

    Ons boeremense knip nog Sondagmiddae ‘n BEHOORLIKE uil, anders kom ons nie deur die week se lang ure nie.

  2. ag ek wens soms ek het sulke pragtige herhinneringe van my kleintyd gehad…….

    • klippie sê:

      Ons was maar arm maar ons het nooit getwyfel aan ons ouers se liefde nie. Gelukkig het ons altyd groente in die tuin gehad, so ons het nooit honger gely nie. Maar daar was ook swaar tye. Gelukkig onthou mens eerder die goeie as die slegte tye

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s