Garingdrade

Simone Signoret het geskryf: “Chains do not hold a marriage together. It is threads, hundreds of tiny threads, which sew people together through the years.”

As ’n mens ’n huweliksverhouding so beskou, kan jy verstaan dat twee mense mekaar se foute en doen en late kan verskoon, al is dit met moeite. Nie een van ons is sonder foute nie en kan daarom nie net die ander se foute raaksien nie. Sommige garingdrade is broodnodig, soos die garingdraad van kommunikasie en die een van vertroue. Ander garingdrade is baie swak en behoort eerder gebreek te word, soos dié van jaloesie en besitlikheid.

Vir my maak die huweliksformulier sin waar dit sê: “For better or for worse.” As dit goedgaan, is dit ’n bonus maar as die lewe sy agterkant vir ons wys, staan ons bymekaar. As ek terugkyk oor my huwelik van 50 jaar, kan ek eerlik sê dat dit nie net maanskyn en rose was nie. Ons kon gelukkig ons verskille uitpraat en ou koeie begrawe.

Die garingdrade wat baie bros en breekbaar is, is wanneer die kinders groot word. Elkeen van hulle het hulle eie persoonlikhede en nukke en grille wat die garingdrade soms erg kan laat koek. Gelukkig help die Genade van Bo daar om jou deur die koeke te laat werk. Soms egter is daardie garingdrade nie sterk genoeg om die verskille tussen ouers en kinders te deurstaan nie. Wanneer die drade breek, is daar baie hartseer en kan mens net hoop dat dit op een of ander stadium weer gelas kan word.

Die moeilikste is wanneer jy aan die einde van jou lewensborduurwerk kom en jy moet daardie garing knip. Om alleen aan te gaan, is nie maklik nie.

This entry was posted in Familie, Oudword and tagged , , . Bookmark the permalink.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s