Die vere maak die voël

Elke dag staan ek verstom oor hoe gesteld van my kleinkinders en hulle vriende op “brand names” is. Sommige van hulle weier om enige klere te dra wat nie een of ander “brandmerk” op het nie. My een kleinseun weier om selfs na enige kledingstuk of skoene wat in van die goedkoper winkels verkoop word te kyk. Kom mens van die winkel af met ’n t-hemp of broek as geskenk vir hom, kyk hy eers na die brandmerk. As dit die regte een is, verhelder sy gesig en soek hy ’n verskoning om dit dadelik te gaan aantrek. Maar as hy iets in die etiket lees soos Mr P, gaan bêre hy die kledingstuk diep onder in sy kas en dra maar weer die ou verbleikte hemp. Vir hom is dit ’n geval van liewer dood as uit die mode. Die gevolg is dat sy klerekas maar skraps daar uitsien, want sy ouers glo ook dat mens nie ’n fortuin spandeer om groeiende kinders aan te trek nie.

Ek blameer die tydskrifte en TV, want in die artikels en programme word gemeld dat ’n persoon sus en so se kledingstuk aanhet. Of in sommige stories word geskryf dat iemand “goedkoop klere” gedra het en dit is gewoonlik nie die held van die storie nie.

Toe my kinders jonk was, wou hulle ook graag in die mode wees maar ons moes maar die sente versigtig omdraai. Dit het beteken dat hulle een gunsteling uitrusting gehad het wat hulle kon aantrek as hulle saam met hulle maats uitgegaan het en die ander moes hulle maar regkom met dit wat ek as bekostigbaar beskou het. Soms het dit met ’n gemor gepaard gegaan maar die seuns was daardie tyd gelukkig met ’n kortbroek en hemp. My dogter het later van tyd haar eie klere gemaak waarvoor ander mense haar beny het.

Vir my maak etikette mos nie meer saak nie, net solank ek iets het om aan te trek. In elk geval, is my huidige sosiale kring nie meer gesteld op wat hulle dra nie: een van die mans hier dra op koue dae sy sweetpak saam met ’n bruin belt. Dit lyk baie koddig, maar dan het hy ’n verskoning: Alzheimers. Hier is ook iemand wat in haar jonger dae in die hogere kringe beweeg het, maar ook sy dra deesdae net ’n denim broek en hemp. So kom selfs die mees modebewuste persoon se lus om mooi aan te trek ook op ’n einde.

This entry was posted in Familie, Mense en hul dinge and tagged , , . Bookmark the permalink.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s