Prediker

Die boek Prediker in die Bybel wat ons aanspreek oor die verganklikheid van die mens laat my wonder of dit nie vir ander mense ook onstellend is nie. Ek is seker die skrywer het ook aan ’n mate van depressive gely.

Die feit dat hy ons daarop wys dat “alles kom tot niks, dis net ’n gejaag na wind”, laat my bietjie bedruk. Dit is tog goed om drome te hê al realiseer dit nie altyd nie. Maar Prediker voel my is morbied en daarom wil dit my soms tot trane dryf.

Dan wys hy ons ook daarop dat daar ’n tyd is om te lag en ’n tyd is om te huil. Agge nee, ek wil graag die ligter dinge van die lewe sien en terwyl ek gelukkig is wil ek nie daaraan dink dat daar ook moeilike tye is nie. Tog het ons almal seker al vir ons kinders gesê: “Van lekker lag, kom lekker huil”. ’n Oorvloed van een emosie is seker nie goed vir die mens nie.

Swaarmoedige mense maak my sommer gou-gou ook swartgallig. Dis asof die donker kant van die lewe vir hulle uitstaan. Aan die ander kant, het jy al opgelet dat wanneer jy ’n siekekamer binnegaan en grappies maak die pasiënt weldra beter lyk. Daar is nie verniet diegene wat sê dat lagterapie die antwoord is op meeste siektes nie.

Dit laat my dink aan die baie jong mense wat wil gaan studeer. As hulle na die Prediker moet luister, sal hulle sommer gou-gou tou opgooi want hulle sal weet hulle entoesiasme om ’n verskil te maak, is net ’n gejaag na wind. Wat ook van die jong mense wat werkloos is? As hulle na die Prediker luister, sal hulle nie eens aan hulle cv’s wil werk nie.

Wanneer ek egter Prediker lees, laat dit my dink die ou het ’n baie kwaai vrou en ’n string stout kinders gehad. Daar was definitief nie vir hom die ligte geselsies saam met vriende nie en al sy planne het sekerlik skeef geloop. Ek hoop ons bly die blink kant raaksien en volg nie in die Prediker se spore nie.

This entry was posted in Depressie, Drome, Mense en hul dinge and tagged , , , . Bookmark the permalink.

2 Responses to Prediker

  1. Kameel sê:

    Prediker is voorwaar ‘n morbiede boek, maar eindig darem met “sound advise:” “Fear God and keep His commandments…. For this is man’s all……” My baie positiewe sus het ‘n paar maande voor haar dood (sy het nie geweet sy het nog so ‘n kort tydjie oor nie) geworstel met “Vanity of vanities, all is vanity.”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s