Naomi en Rut

Meeste van ons ken sekerlik die verhaal van Naomi en haar skoondogters in die Bybel. Toe ek dit nou die dag weer gelees het, het dit my laat dink aan die verhouding tussen ’n skoonma en haar skoondogter. Ek het toe gewonder of een van my skoondogters so teenoor my sou optree soos Rut. Sou hulle gedink het “good riddance” of sou een van hulle aangebied het om saam met my te gaan?

Omdat my man se ma reeds oorlede is toe hy nog ’n kind was, het ek nooit ’n skoonma geken nie. Dus kan ek nie uit ondervinding oordeel oor hoe ek so ’n situasie sou hanteer het nie of hoe my skoonma my sou hanteer het nie.

Dit is egter belangrik, dink ek, om skoondogters as jou eie dogters te probeer aanvaar. Ek meng nie in by hulle sake nie en gee net raad wanneer hulle dit pertinent van my vra. Ek stel belang in hulle doen en late en word bly wanneer hulle presteer en voel saam met hulle hartseer wanneer nog ’n kind die nes verlaat. Ek geniet hulle kuiertjies terdeë en probeer om hulle belangstellings met hulle te deel.

Aan die ander kant is daar natuurlik die skoonma’s wat nie hulle skoondogters aanvaar nie – selfs nie nadat hulle seuns al 20 of 30 jaar met dieselfde vrou getroud was nie. So ’n skoonma vind fout met alles wat die skoondogter doen en vind dit baie keer selfs moeilik om die kleinkinders lief te hê. Dis asof sy nooit vrede gemaak het met die feit dat haar seun nou ’n ander vrou in sy lewe het nie. Wanneer so ’n skoonma dus hulp nodig het, kan mens die skoondogter vergewe indien sy dit met wrewel doen of dit selfs oorweeg om nie te help nie.

Ek pleit dus dat skoonma’s hulle seuns se vrouens moet aanvaar. Want deur aanvaarding kom gewoonte en miskien, wie weet, word jy selfs lief vir daardie vrou wat jy as die vyand gesien het.

This entry was posted in Familie and tagged , , , . Bookmark the permalink.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s