Seëninge

Wanneer jy op golwe rondgeslinger word
en voel dat jy in dieptes neerstort
Tel dan jou seëninge,
tel hul een vir een
en jy sal verbaas wees oor hoe God jou seën.

Ons voel baie keer dat daar maar min is waaroor ons dankbaar kan wees. Baie van ons sukkel finansieel en baie mense se verhoudings misluk – nie net is egskeidings algemeen nie, maar sommige ouers praat glad nie met hulle kinders nie. Daarby hoor ons elke dag van die allerverskriklikste dinge wat gebeur. Kinders wat hulle ouers vermoor, moord op bejaardes en verkragtings selfs van onskuldige kinders en oumagrootjies.

Wanneer ek rondom my kyk in hoeveel ellende sommige van ons mense leef, sê ek dankie dat ek elke dag genoeg het om te eet. Dat ek ‘n dak oor my kop het en dat ek versorg word. Dat my kinders vir hulleself sorg. Kyk maar net op TV hoe sommige mense in plakkerskampe moet bly en dan kan jy nie anders as om te sê nie: “There, but for the grace of God, go I.”

Dan besef ek weer dat die oorgrote meerderheid van mense op aarde baie swaarder kry as ek en kan ek nie anders nie as om te sing: “Tel jou seëninge, tel hul een vir een.”

This entry was posted in Familie, Leefstyl and tagged , , . Bookmark the permalink.

One Response to Seëninge

  1. seegogga sê:

    Dankie Klippie , dat jy ons daaraan herinner. Soms kyk ‘n mens so vas teen jou probleme dat jy die goeie goed mis.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s